Deur: Kerk in Nood
Bron: cip.nl

Kerke in Pakistan het hulle beveiling opgeskerp in reaksie op die dreigement van terreuraanvalle ná die oorname van die Taliban in die naburige Afghanistan. ’n Menseregte –aktivis, Sajid Christopher, het aan Aid to the Church in Need (ACN) bevestig dat die vrees toeneem onder Christene, maar ook onder gematigde Moslems in Pakistan.

Tydens ’n onlangse vergadering in Pakistan het Rooms-Katolieke en Protestantse leiers ingestem om die bewaking op te skerp, veral tydens Sondagdienste. Die stap spruit uit kommer oor die Taliban wat die bewind in Afghanistan oorneem. Leiers vrees dat aanvalle deur ekstremiste wat op Christelike gemeenskappe en ander godsdienstige minderhede gerig is, sal toeneem – soos in die verlede.

Christopher waarsku dat die veiligheidsvooruitsigte vir meer gematigde Moslems ook kommerwekkend is: “Daar is ook vrees onder vreedsame en progressiewe [Moslem-] gemeenskappe, maar diegene met ’n militante ingesteldheid is bly dat die Taliban weer aan die bewind is.”

Die verskerpte beskermingsmaatreëls bou voort op die reeds bestaande beveiligingsprotokol. Byvoorbeeld, die identiteit van mense wat met die motor die kerkterrein binnegaan, word nagegaan, metaalverklikkers word by die ingange van kerke geïnstalleer en gewapende wagte is by die kerke teenwoordig.

Die maatreëls kom op ’n tydstip dat daar vrees is vir die veiligheid van die oorblywende Christelike gemeenskap in Afghanistan. Volgens berigte het talibanvegters van huis tot huis gegaan om Christene en ander minderhede op te spoor. Daar is ook berigte dat mense beveel is om hul telefone te oorhandig met die dreigement om ter plaatse doodgemaak te word as daar gevind word dat hulle toestelle Bybelverse of godsdienstige materiaal bevat.


7 September

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.