-deur Dick van den Bos

13 Mei 2019

Muqadas Ashraf was 16 toe haar ouers ’n huwelik vir haar gereël het met ’n Chinese man wat na Pakistan gekom het om ’n bruid te vind. Minder as vyf maande later is Muqadas terug in haar tuisland – sy is swanger en ondersoek die moontlikheid om van haar man te skei omdat hy haar mishandel.

Volgens CBN News is sy een van die honderde arm Christelike meisies wat in die mensehandelnetwerk met China vasgevang is. Die afgelope jaar het die Pakistanse mark vir bruide gegroei. Makelaars soek op ’n aggressiewe wyse meisies vir Chinese mans. Soms reis hulle na kerke op soek na moontlike bruide vir hulle kliënte. Hulle word bygestaan deur Christen-leiers, wat vir hulle dienste betaal word. Hulle belowe die gemeente welvaart as hulle toelaat dat hulle dogters as bruide vir Chinese kliënte geneem kan word.

Ouers ontvang duisende dollars en word vertel dat hul nuwe skoonseun ’n voorspoedige Christelike bekeerling is. Die werklikheid is egter dikwels dat die bruidegom nie ryk of Christelik is nie, volgens die getuienis van verskeie bruide, hul ouers en hul voorgangers, berig The Associated Press.

Sodra die bruide in China aankom – gewoonlik teen hul wil – woon hulle in afgeleë boerdery-gebiede, dikwels baie kwesbaar vir mishandeling en is vir hul kommunikasie afhanklik van ’n vertaaltoep om selfs vir ’n glas water te vra.

“Dit is mensehandel,” sê Ijaz Alam Augustine, die minister van menseregte en minderhede in die Pakistanse Punjab-provinsie. “Gierigheid lê aan die wortel hiervan. Ek het verskeie van die meisies ontmoet en hulle is uiters arm.”

Augustinus beskuldig die Chinese regering en sy ambassade daarvan dat hulle visums en dokumente goedsmoeds uitdeel. Die Chinese ministerie van immigrasie ontken dit egter. Hulle sê hulle handhaaf ’n beleid van “zero-verdraagsaamheid” met betrekking tot onwettige huwelike.

Human Rights Watch het China en Pakistan versoek om op te tree en hierdie vorm van menshandel te beëindig.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.