Bron: www.claas.org.uk

Pakistanse Christen-ouerpaar se seun mag nie na hulle terugkeer nie omdat hy die Moslem-geloof aangeneem het.

Volgens berigte, is John Masih en sy vrou, Shamshad Bibi, van Mian Channu, Khanewal-distrik, nie meer hul seun, Arjesh, se voogde nie. Hy word nie toegelaat om sy ouers op sy eie te sien of by hulle en sy sibbe te woon nie.

Volgens John werk Arjesh die afgelope vier jaar lank as ’n manshaarkapper by die Muhammad Maana-barbier in Chungi, Mian Channu.

Vroeër vandeesmaand het Arjesh die oggend werk toe gegaan en nie weer teruggekeer huis toe nie.

Dit was egter niks ongewoon nie omdat hy soms tot laat moes werk, maar sy ouers is die volgende dag deur hulle bure ingelig dat Arjesh die Moslem-geloof aangeneem het en dat die nuus op WhatsApp geplaas is.

Ná hierdie nuus het van die gesinslede na die winkel toe gegaan waar Arjesh werk, maar twee Moslem-geestelikes was reeds daar en het gesê Arjesh het uit sy eie vrye wil Islam aangeneem. Hulle het gesê dat hy nie toegelaat sal word om sy familie in privaatheid te sien nie, maar slegs in die teenwoordigheid van almal wat daar teenwoordig was. Arjesh het sy gesin ontmoet, maar het geweier om saam met hulle te gaan.

Volgens Shamshad Bibi het die seun verward gelyk en weens die druk van die geestelikes , geweier om saam met sy ouers huis toe te gaan.

Nou is Arjesh se werkgewer, Muhammad Maana, en die geestelikes sy voogde en mag hy nie sy gesin op sy eie sien nie.

Volgens Arjesh se vader is die seun nog ’n minderjarige en hoewel hy nou ’n Moslem is, moet hy toegelaat word om by sy gesin te woon. Hy is baie bekommerd oor sy seun en wil sy onwettige aanhouding en twyfelagtige bekering in die hof gaan betwis.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.