Bron: cbn.com

Die Oxford English Dictionary het die definisie van tientalle woorde in sy nuutste woordeboek gewysig, waaronder die woorde “vrou” en “man”.

Volgens The Daily Mail word is die definisie vir “vrou” nou: “a person’s wife, girlfriend, or lover”. Die woord “Man” is met “persoon” vervang.

Die woord “vrou” is voorheen gedefinieer as ’n “man” se vrou, vriendin of minnaar – maar dit is nou  na “persoon” verander.

Volgens die koerant het die Oxford Dictionary veranderings aan verskeie definisies aangebring ná ’n hersiening van genderdiversiteit gedoen is.

Dié ondersoek is gedoen nadat Maria Beatrice Giovanardi verlede jaar ’n petisie, wat deur 30 000 mense onderteken is, na die woordeboek se uitgewer gestuur het. In die petisie word kapsie gemaak teen woorde in die woordeboek wat “seksisties” is.

’n Woordvoerder van Oxford University Press, die uitgewer van die woordeboek, het aan The Telegraph gesê: “Ons het ’n uitgebreide oorsig van die inskrywings vir “vrou” en vir baie verwante terme in die woordeboek en tesourus gedoen. Ons het ook die voorbeelde van die woord se gebruik hersien.”

Giovanardi se petisie het ook versoek dat sinonieme vir “’vrou” aangepas moet word en sy het ’n beroep gedoen dat die terme “transgender vrou” en “lesbiese vrou” bygevoeg moet word.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


16 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.