Artikelbron: www.christian.org.uk

6 November 2019

Ouers wat beswaar maak dat hul kinders oor LGBT-kwessies op skool onderrig word, doen ’n beroep op die regering om die onderrig opsioneel te maak.

Politici het gestem om “verhoudingsonderrig” vanaf September 2020 verpligtend te maak, met geen regte vir ouers om hul kinders te onttrek nie.

Die groep, Our Children Our Faith Our Right (OCOFOR) het Saterdag op die Parlementsplein betoog om hul teenkanting teen die planne bekend te maak en om aan te dring op die reg om hul kinders aan onvanpaste onderrig te onttrek.

‘Normalisering van LGBTQ-verhoudings’

Tom Akinola, ’n ouer wat die betogings bygewoon het, het gesê dat die voorgestelde onderrig “in stryd is met ons Christelike geloof”.

“Dit normaliseer LGBTQ-verhoudings en word op geloofsgroepe afgedwing.” Hy het voortgegaan: “Dit het verander van die boodskap om verdraagsaam te wees tot gedwonge aanvaarding daarvan.”

Die pa van vier het bygevoeg dat dit belangrik vir Christene is om hul menings te gee en op te staan vir wat hulle glo: ‘In ons stilswye neem die staat aan dat ons saamstem met sekere dinge wat teen ons Christelike geloof indruis.”

In OCOFOR se versoekskrif aan die regering wys dit daarop dat die bevordering van LHBT-regte dit laat blyk dat Christene hul vryhede verloor.

Daar staan: “Godsdiensvryheid word gemarginaliseer en die Christelike geloof word veral geteiken vir openbare bespotting en vernedering.”

Dit voeg by dat “dit belangrik is dat ouers, veral diegene wat toegewyd is aan hul geloofsoortuigings, hul kinders aan sulke lesse kan onttrek”.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.