-deur Gigi Kotze en Donnelly McCleland /
INcontext Ministries International

Bron: Artikel verskaf

12 September 2019

Op 9 September het regeringsamptenare van die Bahamas hul amptelike reaksie op orkaan Dorian verdedig nadat die storm verlede week dele van die eilande verwoes het. Die regering is gekritiseer vir sy trae reaksie op dié humanitêre krisis en inwoners van die Abaco-eilande het die regering daarvan beskuldig dat hulle versuim het om hulp te verleen en plundering te verhoed.

Orkaan Dorian het die eilande op 1 September bereik en het, as ’n kategorie 5-orkaan, die noorde van die Bahamas in puin gelê. Dit is glo die sterkste storm wat die Bahamas tot op hede getref het. Die dodetal staan na geskat word reeds op 43, maar dit sal na verwagting styg aangesien honderde mense steeds vermis word.

Duisende huise is verwoes en gemeenskappe is oorstroom. Op die Abaco-eilande is 90% van die infrastruktuur beskadig of vernietig. Daar is ’n tekort aan voedsel, water en medisyne en dit word dringend benodig. Volgens die Verenigde Nasies benodig 70 000 mense kos en skuiling. Tot op hede is ongeveer 3 500 mense na die hoofstad, Nassau ontruim.

Bid asseblief saam met ons vir die Bahamas.

“Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” (Filippense 2:4)


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.