Deur: Geopende Deure Suider-Afrika

Met ’n dekade van oorlog in Sirië, ’n verdiepende ekonomiese krisis en die gevolge van die COVID-19-pandemie, sukkel die Siriese Kerk. Talle brawe Christene het hulle huise en hul gesinne verloor, met familielede en die hele gemeenskap wat hulle verwerp het. Ondanks dit alles is hulle egter vasbeslote om in Sirië te bly woon.

Anwar se verhaal
Anwar (25) van Sirië het sy huis, gesin, familie en gemeenskap verloor nadat hy sy hart aan Jesus gegee het. Hy is deur sy drie broers en susters verwerp en van sy naaste vriende het gedreig om hom dood te maak. Hy het hoop en vertroue in ’n beter toekoms verloor, maar het steeds verklaar: “Ek het hoop in Jesus.”

Hy woon in ’n gemeenskap met ongeveer 700 mense wat die Alawitiese godsdiens, ’n geheimsinnige Islamitiese sekte, volg. Hulle leier, die sjeik, is ’n streng volgeling van die Alawitiese tradisies. Anwar is die sjeik se seun, wat beteken dat hy bekend op die dorp was. Hy is deur sy ouers verbied om enige Christene as vriende te hê, maar hy het ’n Christen-meisie op universiteit bevriend.

Fisieke en geestesprobleme
Met die voortslepende oorlog het Anwar baie probleme trotseer. Hy het sy studies gedruip en gevaar geloop om uit die kollege geskors te word. Sy fisieke en geestesgesondheid het agteruitgegaan. Hy het verskriklike maagpyn gekry en was eensaam, aangesien hy alleen in die gesin se tweede huis in die hoofdistrik gewoon het.

Troos en aanvaarding
Hy sê: “Ek het in ’n diep depressie verval en daarbenewens het die Christen-meisie met my oor Jesus bly praat, wat die druk net vererger het. Ek het so ellendig gevoel dat ek my lewe wou beëindig … maar God het ’n ander plan vir my gehad. My vriendin het my geleer hoe om te bid en ek het met Jesus oor my probleme begin praat.

“Aanvanklik het niks verander nie, maar ná ’n ruk het ek gehunker om Jesus beter te leer ken. Ek het die Bybel begin lees, na video’s gekyk, na aanbiddingsliedere en preke geluister. Ek het heeltemal van my selfdoodgedagtes vergeet. Ek het my hart voor Jesus uitgestort en skielik was ek nie meer alleen nie.”

Verwerp deur sy gesin
Toe Anwar se ouers hoor dat hy kerk toe gaan, het sy ma ’n senuwee-ineenstorting gehad en is sy in die hospitaal opgeneem. Sy woedende gesin het hom gevra om die huis te verlaat weens sy geloof. Hy het geen heenkome gehad nie, maar ’n Siriese kerk het hom gehelp om met behulp van Geopende Deure se plaaslike vennote die kamer te huur waar hy tans woon.

’n Nuwe bron van hoop
Anwar het werk gekry by een van Geopende Deure se Sentrums van Hoop, waar hy nou vir kinders Engels leer. Die sentrum bied private ekstra klasse aan vir leerlinge van 8-15 jaar oud en ondersteun Christelike gesinne geestelik met aktiwiteite wat kinders leer hoe om ’n verhouding met God te hê. “Dit was ’n nuwe begin vir my en het nuwe hoop in my lewe gebring,” sê hy.

Jy kan help!
Deur hul plaaslike vennote help Geopende Deure mense soos Anwar by die Sentrums van Hoop. Ongeveer 20% van die kerke in Sirië (110 gemeentes) is reeds in Sentrums van Hoop omskep.

Jy kan help om Christene in Sirië te ondersteun deur die verskillende projekte by ons Sentrums van Hoop. Dit wissel van kinderopvoeding tot berading en aanlyn opleiding, praktiese en geestelike ondersteuning, pastorale sorg, dissipelskapgroepe, opleiding in traumabewusmaking en lewensonderhoudsprojekte. Enige skenking wat jy vandag maak, sal die wêreld vir ’n Siriese Christen beteken. Gebruik asseblief die bankbesonderhede hier onder.

Ondersteun Geopende Deure
Geopende Deure – Open Doors NPC
Nedbank
Takkode: 198765
Rek.nr.: 113 750 4552 (Besigheid)
Verwysingsnommer: JA210

Geopende Deure – Open Doors NPC
Absa
Takkode: 632005
Rek.nr.: 160 340 568 (Lopende)
Verwysingsnommer: JA2109


12 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.