-deur Jericho Walls International Prayer Network

Bron: jwipn.com

3 Januarie 2020

2020 sal die agste jaar van die 7 Days on the Wall-inisiatief wees. Ons sal ons uitroep na God vir ’n geestelike deurbraak verskerp deur vir elke 7 weke 7 dae lank te bid

Buitengewone golf van 24/7 gebed duur voort!

Hierdie inisiatief is tydens die World Prayer Assembly in 2012 in Indonesië gebore toe ongeveer 9 000 afgevaardigdes van meer as 60 nasies bymekaargekom het om vir die nasies van die wêreld te bid. Sedert die begin van 2013 het bykans 5 000 plaaslike kerke, skole en verskillende groepe in Suid-Afrika elk een week geneem om te bid vir geestelike ontwaking, sosiale geregtigheid en vir die wat nog ongered is in hul kerke en gemeenskappe.

Wat gebeur nou?

Tydens ’n samekoms van leiers van verskillende plaaslike gebedsnetwerke wat aan die begin van 2019 in Kaapstad gehou is, is ’n behoefte aan meer intensiewe gebed voorgestel. Daar is besluit dat elke plaaslike netwerk gevra sal word om die hoeveelheid “Gebedsweke” in hul gemeenskappe te vergroot.

Die missie wat voorlê is om ten minste 50 plaaslike gebedsnetwerke oor die hele land te mobiliseer om 24/7 te bid vir …

  • Geestelike ontwaking – Jes.62: 6,7
  • Redding van siele – Handelinge15: 16,17
  • Sosiale geregtigheid – Lukas18: 7,8

in 7-week-siklusse …

Dit beteken dat elke netwerk gedurende die jaar aan sewe weke van gebed sal deelneem. Al die netwerke sal gedurende dieselfde weke as hier onder genoem, bid. U kan dit oorweeg om elke week enige plaaslike aktiwiteite by u gebedsfokus te voeg.

Datums in 2020

Week 1: 17 – 23 Feb

Week 2 30 Mrt – 5 Apr

Week 3: 25 – 31 Mei

Week 4: 13 – 19 Jul

Week 5: 31 Aug – 6 Sep

Week 6: 12 – 18 Okt

Week 7: 23 – 29 Nov

Strategie

  1. Begin vroeg beplan deur verteenwoordigers van verskillende kerke / groepe uit te nooi om weekliks saam te bid / beplan.
  2. Stel ten minste een gebedskamer op met verskillende gebedstasies en nooi verskillende kerke / groepe om deel te neem.
  3. Stel ’n 24/7 gebedskedule op en begin deur te soek na 24 persone wat een uur per dag vir die week kan bid.
  4. Aktiveer aktiewe Whatsapp-groepe vir elke kerk / groep wat deelneem, slegs vir die week van gebed.
  5. Maak tyd ná die eerste week vir gesamentlike danksegging.
  6. Begin dadelik met die beplanning van die volgende week van gebed, sodat julle nie momentum verloor vir die volgende 7-dae-siklus nie.

Vir meer inligting, bronne en getuienisse

  • Besoek globalprayerwatch.org vir nog bronne en gebedsgids.
  • Stuur e-pos na watch@jwipn.com om jou groep te registreer.
  • Nog getuienisse en nuus van oral in die land op ons Face Book-blad by 7Daysonthewall

“Mag ons die groter werke van die Heilige Gees in ons tyd sien, omdat ons opreg God se aangesig soek vir ’n ontwaking wat nie net hierdie nasie sal raak nie, maar ook die res van die wêreld sal beïnvloed!”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.