-deur Lucille Talusan

Bron: cbn.com

14 Januarie 2020

Owerhede in die Filippyne waarsku dat ’n “vulkaniese tsunami” moontlik kan wees nadat ’n vulkaan naby die hoofstad van die land uitgebars het.

Die vulkaan, Taal, is ’n gunstelingtoeristebestemming in die Filippyne, maar is tans besig om verwoesting te saai nadat dit Sondag uitgebars het en gloeiende, warm lawa, modder en as uitgestoot het wat gebiede ver van die vulkaan af ook bereik het, onder meer ook die hoofstad Manila.

Tienduisende Filippyners wat in die vulkaan se pad is, het hul huise en besighede ontruim.

CBN se Operation Blessing is op die toneel en een van die eerste organisasies wat in die ontruimde mense se behoeftes voorsien het.

Der duisende inwoners moes na ontruimingsentrums vlug toe lawa en as van Taal-vulkaan – een van die wêreld se kleinste vulkane – selfs die hoofstad Manila bereik het.

Operation Blessing Philippines het dadelik gereageer deur broodnodige stofmaskers en voedselpakkies te versprei. Die president van die humanitêre organisasie, Peter Kairuz, was ook teenwoordig om na die ontruimdesom te sien.

“Ons is besig om te bepaal wat presies die behoeftes van al die mense hier is. Die broodnodigste is matte, komberse, weggooidoeke en dan persoonlike higiëne-pakkies. Operation Blessing sal begin om vandeesweek elke dag hierdie benodigdhede te verskaf om hulp te verleen aan die mense,” het Kairuz verduidelik.

Hy het ook vir die mense gebid.

Operation Blessing sal in die komende dae voortgaan om broodnodige verligting en mediese hulp te bied omdat groter uitbarstings verwag word.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.