-deur Errol Naidoo

Artikelbron: familypolicyinstitute.com

6 November 2019

Die verontwaardiging is landswyd aan die toeneem oor die beplande implementering van die departement van basiese onderwys (DBO) se Omvattende Seksvoorligting ( Comprehensive Sexuality Education – CSE) in Suid-Afrikaanse openbare skole in 2020 weens ontstellende dele van die geheime en omstrede inhoud van die kurrikulum wat uitgelek is.

Die DBO het onmiddellik ’n veldtog van ontkenning en verkeerde inligting van stapel gestuur om die geldige kritiek teen CSE teen te staan. Die regering het “sekere organisasies” die skuld gegee vir die “paniek wat hulle geskep het”. Die DBO het egter steeds nie verduidelik wie die bron van CSE is nie en hoekom ouers en onderwysers nie geraadpleeg is oor die implementering van ’n program wat in geheimhouding en omstredenheid gehul is nie.

Die president van die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU), Chris Klopper, het die inhoud as “erg onsensitief” beskryf en gevra vir ’n boikot deur onderwysers wat teen die nuwe lesplanne beswaar maak.

CSE is internasionaal blootgelê as ’n manipulerende instrument van die wêreldwye seksuele regte-beweging. Hulle doel is om ouerlike gesag te omseil, kwesbare kinders in skole te teiken en hulle te indoktrineer met ’n hoë-risiko-seksuele-regte-ideologie, wat geslagsongelykheid, die reg op seksuele genot, die bevordering van die LGBTQ-lewenstyl en seksuele eksperimentering insluit.

UNESCO, die VN-agentskap wat CSE op Suid-Afrika se kwesbare skoolkinders wil afdwing, steun ‘n animasievideo wat die regte van kinders voorstaan om “seksuele genot te ervaar vanaf vyfjarige ouderdom 

Moenie mislei word nie, CSE is die mees diaboliese aanslag op die gesondheid en onskuld van kinders van Suid-Afrika. Die regering het sonder om dit te besef aan radikale wêreldwye aktiviste vir seksuele regte toegang gegee tot die kinders van Suid-Afrika om hulle te indoktrineer met die gevaarlike ‘seksuele regte’-ideologie.

Die Herald Live van die Oos-Kaap het verlede week my antwoord op CSE gepubliseer: ““School sex-education curriculum slammed!”

Die Kerk in die Wes-Kaap beplan om op Saterdag 30 November 2019 ‘’ Optog vir die Gesin (“March For Family”) te hou. Die Optog word beplan om tydens die jaarlikse “16 Days of Activism of No Violence Against Women & Children” plaas te vind wat vanaf 25 Nov – 10 Des 2019 gehou word.

Gesinne onder leiding van leraars en pastore sal na die parlement opruk en vreedsaam Christus se heerskappy oor Suid-Afrika verklaar. Ons sal bid vir die regering, veral ons wetgewers, sodat God hulle met wysheid kan lei.

CSE is geweld teen kinders omdat dit hulle voorberei vir seksuele uitbuiting. Net soos die vrye beskikbaarheid van pornografie en die wettiging van prostitusie geweld teen vroue is omdat dit hulle degradeer en van hulle menswaardigheid ontneem. Die objektivering van vroue moet ophou!

Leraars sal die “March For Family” na die parlement lei en ’n brief, met meer as 120 000 handtekeninge, aan die regering oorhandig waarin aangedring word dat die instelling van die CSE-kurrikulum in Suid-Afrika gekanselleer word.

Jy kan steeds die ‘‘Aanlynbrief’ onderteken en jou individuele of kerk / denominasie / organisasie se naam hier  onderteken of CitizenGo/FPI se petisie hier onderteken

Lees hier die brief aan die minister van basiese onderwys wat die sewe kritieke redes verskaf waarom CSE nie in Suid-Afrika geïmplementeer moet word nie,

Neem deel aan die “March For Family” in Kaapstad op Saterdag 30 November 2019 om 10:00 en laat jou stem hoor! Neem standpunt in vir vroue, kinders, gesinswaardes en Bybelse waardes in Suid-Afrika! Saam is ek en jy sterker!


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.