Deur: FOR SA
Bron: Artikel verskaf

Tydens verlede week se vergadering tussen die parlement en die departement van justisie oor die wetsontwerp op haatspraak moes die departement verduidelik hoekom hy versuim het om voorleggings wat tydens die openbare deelnameproses gemaak is, in te sluit of behoorlik te oorweeg.

Die doel van die vergadering was dat die departement sy opsomming en antwoorde aan die parlement sou verskaf rakende die talle openbare voorleggings wat in 2021 oor die wetsontwerp gemaak is. Dit het egter aan die lig gekom dat substantiewe regsvoorleggings nié deur die departement oorweeg is nie. Dit het voorleggings van beide die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en Freedom of Religion South Africa (FOR SA) ingesluit.

Versoeke om godsdiensvrystellingsklousule te versterk, is geïgnoreer:

“’n Groot probleem vir die geloofsgemeenskappe van Suid-Afrika is dat die klousule in die wetsontwerp, wat veronderstel is om bona fide godsdienstige uitdrukking teen kriminalisering te beskerm, onvoldoende is,” sê Michael Swain, die uitvoerende direkteur van FOR SA. “Slegs die versterking van hierdie klousule sal die moontlikheid voorkom dat mense tronk toe gestuur kan word vir godsdienstige stellings – veral in die lig van hierdie wetsontwerp se wye definisies van ‘skade’ en ‘slagoffer’.”

Die departement van justisie het voorheen aan die parlement gesê dat die godsdiensvrystellingsklousule, soos dit nou daarna uitsien, slegs op preke van toepassing sal wees, maar nie iemand sal beskerming geniet vir persoonlike godsdienstige sienings waaraan hulle uiting gee wat as “haatspraak” beskou kan word nie.

Die oorgrote meerderheid van meer as 103 000 individuele voorleggings wat aanlyn via die DearSA-platform vir openbare deelname gemaak is, het ook gevra dat die godsdiensvrystellingsklousule versterk word om robuuste beskerming te bied vir die vrye uitdrukking van bona fide geloofsoortuigings. Nie een van hierdie voorleggings is egter tot op hede deur die departement in ag geneem nie.

Openbare deelname is deel van ’n gesonde demokrasie:

Adjunkminister John Jeffery het erken dat daar “’n onderbreking in kommunikasie was in terme van die komitee-afdeling wat al die voorleggings na die departement deurstuur”. Hy het egter gesê dat “die departement eintlik net gevra word om kommentaar te lewer op die substantiewe voorleggings” en het gekla oor wat hy “hierdie prosedure om steun te kry en ondertekenaars te werf” genoem het. Volgens hom het dit “nie werklik die parlementêre proses gehelp nie. ”

FOR SA se siening is dat uitgebreide openbare deelname ’n gesonde teken is van ’n funksionerende demokrasie wat die menings in ag neem wat deur ál sy burgers oor spesifieke kwessies gelug word,” sê Swain, “Ons glo dat die departement se weglatings rakende hierdie huidige aangeleentheid die behoefte uitlig vir kontrole en teenwigte om te verseker dat alle voorleggings deur alle sektore van die samelewing behoorlik deur ons staatsamptenare oorweeg word.”

Die parlement het die noodsaaklikheid daarvan erken dat die versuim om alle voorleggings in ag te neem, reggestel moet word. Dit het die departement gevra om seker te maak dat dit die sienings insluit wat in hierdie voorleggings uitgespreek word en dan die parlement van ’n hersiene opsomming te voorsien sodat hy al die insette wat deur die publiek gemaak is, behoorlik kan oorweeg. Hulle beraadslagings oor die wetsontwerp gaan voort.

LET WEL:
Adjunkminister John Jeffrey se kommentaar wat in hierdie persverklaring opgesom en aangehaal is, kan gehoor word vanaf notule 29:00 – 31:55 op die video-opname van hierdie verrigtinge in die parlement oor hierdie aangeleentheid:


15 September 2022

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org