Bron: Billy Graham Evanelistic Association en christianitytoday.com

Miljoene Christene het optogte gehou, protes aangeteken, voorspraak gemaak en gebid dat die grondliggende Amerikaanse hofbeslissing oor aborsieregte (Roe vs. Wade) ná 49 jaar en meer as 63 miljoen aborsies omgekeer is.

“Ons is van mening dat Roe en Casey omgekeer moet word,” het regter Samuel Alito vir die meerderheid geskryf. “Die grondwet verwys nie na aborsie nie en geen sodanige reg word implisiet deur enige grondwetlike bepaling beskerm nie.”

Die hof se beslissing ten gunste van aborsieregte in 1973 was gegrond op die argument dat die ongebore baba se lewe geen grondwetlike beskerming geniet nie. Prokureurs in die saak het daarop gewys dat daar tradisioneel verstaan ​​word dat regte by geboorte begin.

Die regters het toe egter gesê die staat het wel belang daarby om die fetus se lewe te beskerm, maar daardie dwingende belang moet in ewewig wees met die vrou se reg op privaatheid.

Die outeur van die grondliggende beslissing, regter Harry Blackmun, het Roe vs. Wade as ’n versigtige kompromie beskou. “Die hof se bedoeling vandag is nie dat die grondwet aborsie op aanvraag verpligtend maak nie,” het hy geskryf. “Dit verklaar nie vandag dat ’n swanger vrou ’n absolute reg op ’n aborsie het nie. Dit laat wel die besluit op aborsie in die eerste trimester van swangerskap en die verantwoordelikheid daarvoor in die hande van die behandelende geneesheer.”

Soos die historikus Daniel K. Williams opgemerk het, was Blackmun egter verkeerd. Roe het geen argumente van die pro-lewe-beweging aanvaar nie en ’n beslissende oorwinning aan die voorstanders van aborsieregte gelewer. Die besluit het 46 staatswetgewers genoop om hulle aborsiewette te herskryf en dit in pas te bring met wat toe die mees liberale aborsiewette in die land was. (Vir meer oor die Roe vs. Wade-geskiedenis lees hierdie artikel van christianitytoday.com

Stryd is nog nie verby nie

Franklin Graham het op die omkeer van die Roe-saak as volg gereageer en gewaarsku:

Dit is ‘n belangrike dag vir ons nasie aangesien die Amerikaanse hooggeregshof Roe vs. Wade omgekeer het. Terwyl die uitspraak ’n antwoord is op dekades se gebed – en ons loof God vir wat Hy doen – is die stryd om onskuldige lewens te beskerm nog lank nie verby nie. Met die kwessie wat nou na die staatsvlak verskuif, sal jy nie asseblief vandag saam met my bid vir Amerika nie? Bid asseblief vir:

  • Vrede en genesing – Sommige groepe moedig gewelddadige betogings aan. Vra God om ons regters, personeel vir swangerskapsorgsentrums en pro-lewe-organisasies in die land te beskerm.
  • Staatswetgewing – Bid vir wetgewers in elke staat, dat God hulle wysheid en krag sal gee om wette uit te voer om kinders in die baarmoeder te beskerm.
  • Moed vir Christene – Hierdie oorwinning is die resultaat van baie mense wat standpunt inneem vir God se waarheid oor die heiligheid van die lewe. Vra Hom om Sy kinders aan te moedig en die moed te gee om getrou te bly aan Sy Woord ongeag wat ons kultuur sê nie.

 Dankie vir jou hart vir die Here en vir Sy waarheid. “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk! Laat alles by julle in liefde geskied.” – 1 Korintiërs 16:13–14


27 Junie 202

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org