Bron: UCT Students For Life

Gisteraand, 6 Okt 2020, het die aanklaer van die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidberoepe (HPCSA) die aanklagte teen die pro-lewe-dokter, Jacques de Vos, teruggetrek. Hy is sedert die aanvang van die saak op 30 Junie 2017 dus onregverdig verhoed om as dokter te praktiseer.

In 2019 het 2 Militêre Hospitaal hom van die saak gedistansieer en verskoning gevra vir die skade wat dr. De Vos aangerig is. Die HPCSA se vervolging kon geen bewyse lewer van ’n klag wat teen dr. de Vos aanhangig gemaak is deur die moeder wat hy afgeraai het om ’n aborsie te ondergaan nie. Dit blyk dat die aanklagte uitsluitlik deur die aborsiedokters, drs. van Wyk en Ismail, aangedryf is. Hulle was ontevrede met dr. De Vos se verklaring dat ’n ongebore baba ’n mens is en dat aborsie die moeder ook geestelike skade berokken.

De Vos se regsadviseur het die getuienis van die kundige, prof. Chris Warton – ’n hoogleraar in anatomie aan die Universiteit van Kaapstad – ingedien. Volgens sy getuienis is ’n ongebore baba ’n mens. Die getuienis van prof. Priscilla Coleman, dat aborsie vroue se geestesgesondheid skade berokken, is ook ingedien. Die aanklaer het geen bewys gelewer om hierdie eise te weerlê of die aanklagte teen dr. De Vos te staaf nie.

Advokaat Keith Matthee wat vir De Vos opgetree het, het betoog dat “… diegene wat hierdie ideologiese vendetta teen hom aangedryf het, moet vir onprofessionele optrede ondersoek word”.

Hoewel die impak op De Vos ernstig is, beklemtoon die saak die veel erger onreg teen die onskuldige ongebore baba van 19 weke gepleeg is, vir wie dr. De Vos in die bres getree het en toe vervolg is.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


7 Oktober 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.