Deur: ICC (International Christian Concern)
Artikelbron: www.persecution.org

Die polisie het gehelp om ’n Christen-tiener terug te kry wat in Pakistan met geweld ontvoer is en gedwing is om Islam aan te neem. Die voorval is een van die min kere waar ’n Christen-slagoffer van so ’n gedwonge bekering teruggevind en met haar gesin herenig is.

Op 23 Maart is Beenish Javaid, ’n Christen-tiener van Lahore, deur Muhammad Ramza, Mooj Ali en ’n vrou met die naam Asia ontvoer. Na wat verneem word, is Javiad by haar huis ontvoer nadat sy die aand ’n gebedsdiens bygewoon het.

“Dit het in die nag tydens ’n kragonderbreking gebeur. Ek kon die straat nie behoorlik sien nie,” het Javiad aan International Christian Concern (ICC) gesê. “Toe ek die deur oopmaak, het iemand ’n masker oor my mond gesit en my na ’n motor gesleep wat daar naby gestaan het. Ek het gehoor hoe iemand sê hulle moet my oë toebind en die volgende oomblik was ek bewusteloos.”

“Die volgende ding wat ek onthou, is dat ek in ’n moskee tussen mans en ’n geestelike leier was,” het Javiad voortgegaan. “Ek is gedwing om blanko dokumente te onderteken en die Islamitiese verklaring van bekering op te sê. Ek het geweier, maar hulle het my geslaan en gekry wat hulle wou hê. ”

Javiad se gesin het die ontvoering by die polisie aangemeld en ’n ondersoek is onmiddellik van stapel gestuur. Ná ongeveer ‘n week het die polisie Javaid in Haroonabad opgespoor, ’n stad wat bykans 200 kilometer suid van Lahore geleë is. Die polisie het Javaid gaan haal en haar op 29 Maart in Lahore met haar gesin herenig.

Twee van die drie ontvoerders is in hegtenis geneem. Javaid en haar gesin is ook optimisties dat die hof haar gedwonge bekering ongeldig sal verklaar en toelaat dat sy amptelik met haar gesin herenig word.

Volgens ‘n navorsingstudie van 2014 deur The Movement for Solidarity and Peace Pakistan, word daar jaarliks bykans 1 000 vroue en meisies uit die Hindoe- en Christen-gemeenskap van Pakistan met geweld ontvoer en gedwing om tot Islam te bekeer en met die ontvoerder te trou.

Datum gepubliseer: 29/04/2021

Foto slegs ter illustrasie


30 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.