-deur Barnabas Fund

Bron: news.barnabasfund.org

Foto: Pastoor Tun N. Saan met sy vrou en een van hulle kinders. Sy vrou het sonder ophou vir sy veilige terugkeer gebid, ondanks plaaslike berigte dat hy deur sy ontvoerders vermoor is. (Gospel for Asia)

’n Pastoor in Mianmar (Birma), wat op 19 Januarie 2019 met geweld by sy huis deur Boeddhistiese militante vegters ontvoer is, leef nog en is vrygelaat. Weens die aantal maande wat verloop het sonder om iets van hom te hoor, was die vermoede dat hy vermoor is. Daar is toe berig dat hy vermoor is, hoewel sy liggaam nie gevind is nie.

‘Vreeslikste tyd van my lewe’
Pastoor Tun N. is ná 14 maande in aanhouding deur sy ontvoerders, wat vermoedelik lede van die Arakan Army (AA) is, vrygelaat. Die 42-jarige pastoor, wat nou met sy vrou en drie kinders herenig is, het sy gevangenskap beskryf as “die vreeslikste tyd van my lewe – geestelik, sielkundig en veral fisiek”.

Twee pastore ontvoer
Die ontvoering het ’n paar weke voor die ontvoering van ’n ander man, pastoor T. Tun (57) plaasgevind. Die man, ’n vader van vyf, word vermoedelik ook steeds aangehou. Daar word geglo dat die twee pastore geteiken is omdat hulle Christelike sendingwerk gedoen het en leierskaprolle in hul gemeenskappe vervul.

Die AA is ’n etniese Boeddhistiese rebellemag van die streek en is in voortdurende konflik met die Mianmar-leër gewikkel.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.