Bron: Kerk in Nood

In Nigerië is eerw. Joe Keke (75) na twee weke in aanhouding vrygelaat, berig Kerk in Nood. Die ander priester is tydens die aanval op die gemeente doodgeskiet en is verlede week begrawe.

Volgens eerw. Chris Omotosho van die Sokoto-bidsom ontvang eerw. Keke mediese behandeling. Die priester is op 20 Mei tydens ’n aanval op die St. Vincent Ferrer-gemeente deur gewapende mans ontvoer. Sy medepriester, vader Bello (33), is in die aanval dood. Sy liggaam is die volgende dag in ’n veld agter die kategese-opleidingsentrum gevind. he

“Ons is hier om te bid vir die oortreders, wat hierdie gruwelike misdade gepleeg het, se berou en bekering,” het aartsbiskop Matthew Ndagoso van Kaduna in sy preek tydens die begrafnisplegtigheid gesê. “Bid dat God die slagoffers van hierdie misdade asook hulle geliefdes die genade sal gee om te vergewe sodat hulle nie twee keer slagoffers word nie.” he

Die aartsbiskop het ook ’n beroep op gemeentelede gedoen om die skuldiges te vergewe. “Hoe pynlik dit ook al is, as ons nie vir ewig slagoffers wil wees nie, moet ons die regte ding doen en dit is om diegene te vergewe wat dit aan ons gedoen het – selfs al ken ons hulle nie,” het hy gesê . “Diegene wat vergifnis beoefen, word ware dissipels van ons Here. Hy het nie net gebid dat sy martelaars vergewe word nie, maar het ook verskonings vir hulle gemaak. Hy het gebid: ‘Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie,’” het aartsbiskop Ndagoso gesê. “Ook die moordenaar van vader Alfons weet nie wat hulle doen nie.”

Lees hier meer op die Kerk in Nood se webtuiste


9 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.