-deur Patrick Simons

Bron: cip.nl

9 Januarie 2020

Lawan Andimi, die Nigeriese pastoor wat sedert verlede week vermis word, word deur die Islamitiese terreurgroep, Boko Haram, aangehou. Dit blyk uit ’n video waarin die pastoor verskyn het.

Die video is vroeër vandeesweek deur die terreurgroep versprei. Andimi is te sien met ’n Boko Haram-vlag in die agtergrond. Hy sê in die videoboodskap dat sy familie nie moet treur nie. Hy sê ook dat hy goed behandel word. In die boodskap doen Andimi ’n beroep op die owerhede om hulle vir sy vrylating te beywer.

Andimi het sy familie gevra om vir sy vrylating te bid en het gesê as hy nie vrygelaat word nie, dit die wil van God is.

Andimi is ook die president van die Christian Association of Nigeria in die Michika-streek. “Ek vra julle almal om geduldig te wees,” sê hy. “Moenie treur nie, moenie bekommerd wees nie, maar dank die Here vir alles.”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.