-deur John Stonestreet, Roberto Rivera

8 Junie 2019

Studente het vir twee maande in 1989 by die Tiananmen-plein vergader om politieke hervormings te eis.

Op 20 Mei het die Kommunisteparty ’n krygswet afgekondig en 250 000 troepe na Beijing verskuif. Die betogende studente het probeer om die weermag te stuit, maar uiteindelik was hulle weerstand nutteloos. Nadat waarskuwingskote afgevuur is, het die troepe op die betogers losgebrand. Daar word geskat dat duisende gedood is. Daarbenewens is minstens 1 600 mense in hegtenis geneem, talle is vir meer as twee dekades gevange gehou en baie van hulle is nooit weer gesien nie.

Die gebeure van Junie 1989 het duidelik gemaak dat die Kommunisteparty vasbeslote was om volkome politieke en sosiale beheer te behou.

Gegewe die geskiedenis van hierdie regime, moet niemand verbaas wees oor die onderdrukking van Chinese Christene en Moslem-Uighurs nie.

Dit is verrassend hoe die gebeure van Junie 1989 soveel Chinese vandag maar min kan skeel. Nog erger, die skrywers van ’n onlangse artikel in die Washington Post het verwys na ’n gewilde nostalgie vir Mao Zedong. Mao se bewind was een van die mees gewelddadigste in die mense heugenis.

Dit is dié Mao wat ten minste 45 miljoen mense feitlik oornag om die lewe gebring het in die poging om China te industrialiseer en te verenig. Dit is die Mao wie se poging om die Chinese samelewing van kapitalistiese en tradisionele elemente te suiwer, gelei het tot die dood van tussen 500 duisend en drie miljoen mense.

Die tragiese ironie is dat enige nostalgie vir Mao slegs die outoritarisme en onderdrukking regverdig wat nou onder Xi se bewind uitbrei.

Die geheue is so selektief as dit kom by kommunisme.

Die skrywer, Cathy Young, wat in die USSR gewoon het tot sy 17 jaar oud was, beskryf wat sy “Commie Chic” noem. Sy verwys onder meer na ’n artikel in Teen Vogue in 2018 wat lesers aangemoedig het om Karl Marx se idees te gebruik om te verstaan ​​hoe Donald Trump as president verkies is. Sy het verwys na ’n New York Times-artikel van 2017 wat beweer het dat vroue in kommunistiese Oos-Duitsland beter seks gehad het. Of ’n linkse publikasie wat onlangs getwiet het: “For all the Soviet Union’s many faults, by traversing its vast architectural landscape, we can get a glimpse of what a built environment for the many, not the few, could look like.”

As ál wat ons van kommunisme weet, die geskiedenis van onderdrukking en massamoord is, behoort dit genoeg te wees om enige nostalgie die dood skoot te gee. Soos die skrywers van die Black Book of Communism gesê het, het “kommunistiese regimes het massamisdaad in ’n volwaardige regeringstelsel verander.” Die gevolg was meer as 100 miljoen sterftes, insluitende die martelare van Tiananmen-plein.

Daardie twiet oor die opbou van omgewings vir die massas, nie die paar nie, sê vir ons alles wat ons moet weet oor die gebrekkige wêreldbeskouing wat hierdie groot historiese boosheid ondersteun. Vir ’n kommunis is die samelewing altyd belangriker as die individu. Individue moet opgeoffer word vir die utopiese en fantastiese greater good wat iewers in die toekoms lê en altyd net buite bereik bly.

Waar en wanneer ook al hierdie stelsel toegepas is of gaan word, – hetsy in die verlede of in die toekoms – volg sterftes, want slegte idees het slagoffers.

Die geskiedenis van kommunisme, soos sy wêreldbeskouing, is nie glorieryk of waardig van enige nostalgie nie.


Bron: christianheadlines.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.