Deur Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Frankryk belowe om Islamitiese ekstremisme uit te wis ná onderwyser se onthoofding

Die Franse polisie het Maandag talle klopjagte op huise in Frankryk uitgevoer tydens die ondersoek na die moord op Samuel Paty.

Ongeveer 15 mense is in hegtenis geneem en 51 Islamitiese organisasies word ondersoek. Samuel Paty, ’n Franse geskiedenisonderwyser is verlede week in ’n Paryse voorstad, net buite sy skool, deur ’n 18-jarige vermeende Moslem van Tsjetsjniese afkoms, onthoof.

Die verdagte is later deur die polisie doodgeskiet. Politieke en godsdiensleiers in Frankryk het hul verontwaardiging oor die moord uitgespreek en vir eensgesindheid gepleit. Die moord het egter herinneringe opgeroep van die aanval op die kantore van die satiriese tydskrif, Charlie Hebdo, wat vyf jaar gelede plaasgevind het.

Dié aanval het gevolg op die publikasie van karikature van die profeet Mohammed, wat verdeeldheid onder die Franse publiek gesaai het wat vandag steeds sigbaar is. Die kern van twee hewige debatte in Frankryk word hierdeur blootgelê, naamlik of daar beperkings op vryheid van spraak moet wees en hoe Moslems in die Franse gemeenskap geïntegreer moet word.

Die oorsprong van die toenemende verdeeldheid aangaande godsdiensvryheid en vryheid van spraak is ingewikkeld en sluit onder meer oorsese konflikte, rassisme en maatskaplike marginalisering, wat deur vele immigrante in Frankryk ervaar word, in.

Die kern van twee hewige debatte in Frankryk word hierdeur blootgelê, naamlik of daar beperkings op vryheid van spraak moet wees en hoe Moslems in die Franse gemeenskap geïntegreer moet word

Vanuit ’n Christelike perspektief 

Sekularisme is ’n heilige koei in Frankryk, maar dit sluit nie die reg om godsdiens vryelik te beoefen uit nie. Dié onlangse moord kan tot groter pogings lei om geloofsuitsprake in die Franse samelewing te verbied – met die doel om radikale Islam te beperk. Dit kan egter ander godsdiensbeoefening, soos die Kerk in Frankryk se aktiwiteite, beïnvloed.

Die evangeliese Christendom het bestendig in Frankryk gegroei – na skatting van 50 000 in die 1950’s tot meer as die huidige 700 000. Dit word egter met 0146n mate van skeptisisme bejeën, aangesien dit soms aan fundamentalisme en populistiese leiers gekoppel word.

Terwyl die Franse samelewing met die uitdagings van godsdiensidentiteit en ideologie worstel, het Franse gelowiges die geleentheid om die Evangelie in allerlei kontekste uit te leef, soos byvoorbeeld om na gemarginaliseerde gemeenskappe van immigrante of bang, skeptiese en sekularistiese bure, uit te reik.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat Frankryk en sy leiers goddelike wysheid sal ontvang in hulle worsteling met die huidige aanslae van Islamitiese ekstremisme;
  • dat die Kerk in Frankryk na die uitgeworpenes van die samelewing sal uitreik; en
  • dat Franse gelowiges hulle vryheid sal gebruik om die Evangelie wyd, deur woord en daad, te verkondig.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


24 Oktober 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.