Deur Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Ondersteuners van die Irakse Sjia-leier, Muqtada al-Sadr, het op Sondag 31 Julie in Irak se hoofstad, Bagdad, tente opgeslaan en voorbereidings getref vir ’n onbepaalde sitstaking by die land se parlement.

Dít in ’n poging om hul opponente (uit politieke groepe wat deur Iran ondersteun word) te verhoed om die land se volgende regering te vorm. Net die vorige dag het duisende mense die verskanste Groen Sone binnegestorm om die leë parlementsgebou vir die tweede keer in ’n week te beset. Irakse sekuriteitsmagte het probeer om die betogers met traangas en skokgranate te verhinder om die parlementgebou binne te gaan, maar het die betogers uiteindelik toegelaat om met hulle protesaksie voort te gaan.

Die departement van gesondheid het ongeveer 125 beserings onder die betogers en sekuriteitsmagte aangemeld. Betogings – wat vervroegde verkiesings, wysigings aan die grondwet en die uitsetting van al-Sadr se teenstanders eis – het ’n maandelange politieke dooiepunt verder verdiep. Bykans tien maande ná die verkiesing (in Oktober 2021) is die land steeds sonder ’n nuwe regering as gevolg van onderhandelings tussen faksies wat herhaaldelik misluk het en die bedanking van al-Sadr se blok (die grootste blok in die parlement) verlede maand. Muqtada al-Sadr dring daarop aan dat die nuwe regering vry van enige buitelandse invloed en korrupsie, wat Irak al dekades lank teister, moet wees en het belowe dat burgerlike protesaksie sal volg as hy nie met die nuwe regime tevrede is nie.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Daar word gesê dat die Christelike geloof in Irak gevestig is deur die getroue evangelisasiewerk van die apostel Tomas en dat die eerste kerke uit die tweede eeu dateer – en tot die opbloei van die beskawing in Irak bygedra het. Die mense van Irak (Soenni- en Sjia-Moslems, Koerde en Christene) kry al dekades lank swaar as gevolg van die oorlog tussen Irak en Iran (1980-1988), die Golfoorlog (1991), die inval deur Amerika (2003), die Verenigde Nasies se sanksies op Irak, die opkoms van die Islamitiese Staat (IS) en die voortslepende sektariese geweld tussen die twee dominante Moslem groepe (Soenni en Sjia).

Voorts raak die huidige politieke krisisse elke lewensfeer – dit lê pogings lam om ’n sterk regering tot stand te bring wat wet en order kan handhaaf, sekuriteit en ’n beter toekoms vir sy mense kan verskaf. Volgens Geopende Deure het IS grondgebied in die land verloor en ’n komitee is volgens berigte op die been gebring om Christene wat deur die IS-insurgensie en die 2003 inval verplaas is, in staat te stel om na hulle huise terug te keer (meer as 80% het sedert 2003 uit die land gevlug).

Baie Christene is egter huiwerig om terug te keer. Christene kan nie hulle geloof openlik in Irak deel nie en word deur militante Islamitiese groepe en die regering vervolg en daar word teen hulle gediskrimineer. Die Christen-gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit Chaldese Rooms-Katolieke, gevolg deur die Siries-Ortodokse gemeenskap en derdens die Armeens-Ortodokse Kerk. Die Protestante Kerk maak slegs ongeveer 0,4% van Christene in Irak uit.

Volgens ’n plaaslike kontak is nie alle evangeliese kerke in Bagdad by die regering geregistreer nie. ’n Gebrek aan die nodige registrasiedokumente kan verreikende gevolge hê, soos die belemmering van toegang tot fondse of die oprigting van kerkgeboue en dit kan aktiwiteite van NRO’s wat plaaslike gemeenskappe dien, verhinder of vertraag.

Hierdie tyd van politieke onrus bied ’n wonderlike geleentheid aan die Liggaam van Christus om die lig van Christus te midde van die donker tye uit te straal – want sonder die duisternis sou die lig nie so helder geskyn het nie. Dit is ook die perfekte geleentheid om die onveranderlike God wat hulle dien, te weerspieël te midde van die onsekerheid van hulle omstandighede.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid vir goddelike wysheid vir diegene in leierskapsposisies om die pad vorentoe te bepaal en dat die regte regering volgens die wil en tydsberekening van God aangestel sal word;
  • dat daar in die oorweldigende behoeftes van die mense van Irak deur die regering, internasionale gemeenskap, hulporganisasies en die Liggaam van Christus voorsien sal word; en
  • dat gelowiges in Irak (al is hulle ’n minderheid) die lig van Christus te midde van die duisternis sal uitstraal en ook die onveranderlike God wat hulle dien, te midde van die onsekerheid, sal weerspieël.

5 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org