-deur Patrick Simons

Bron: cip.nl

9 Januarie 2020

Hoewel ’n ontsettende groot bedrag geld ingesamel is vir die herstel van die gebou, is dit steeds nie seker of die Notre Dame gered kan word nie.

Die beroemde katedraal wat in April 2019 grootliks afgebrand het, kan steeds heeltemal in duie stort, waarsku Jean-Louis Georgelin volgens die Nederlands Dagblad. Die generaal koördineer die herbou van die katedraal namens die Franse staat.

Patrick Chauvet, die rektor van die katedraal, het vroeër gesê die kans dat die Notre-Dame gered kan word, is ongeveer 50 persent.

Georgelin berig dat hulle nog geen uitsprake oor die stand van sake kan maak nie. Daar moet eers ’n deeglike inspeksie gedoen word en voordat dit kan gebeur, moet die boustellasie verwyder word.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.