Bron: cbn.com

14 Januarie 2020

Die bekende evangelis, skrywer en Christen-aktrise, Priscilla Shirer, het ’n operasie ondergaan om ’n lob van haar linkerlong te verwyder.

Volgens ’n berig ban CBN (cbn.com) het dokters drie jaar gelede reeds ’n nodule in haar linkerlong ontdek en gemonitor, maar nadat die nodule vergroot het, het dit duidelik geword dat dit verwyder sal moet word.

Shirer het aan CBN gesê die afgelope paar maande was baie moeilik vir hulle familie. Shirer se moeder, Lois Evans, is onlangs aan kanker oorlede.

Volgens ’n Facebook-boodskap van Shirer sou spesialiste tydens die operasie ’n hele lob van haar linkerlong verwyder.

Hallels.com berig dat Christen-sprekers en -outeurs, Beth Moore en Christine Caine, na die hospitaal gereis het om vir Shirer voorbidding te doen en haar by te staan.

Dit is nog nie duidelik of die operasie suksesvol was nie.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.