-deur Gigi Kotze en Donnelly McCleland

14 Augustus 2019

Die Europese Kommissie het verlede week aangekondig dat hy noodlenigingsfondse van €50 miljoen (meer as R847 miljoen) bewillig om gemeenskappe wat deur die droogte in die Horing van Afrika geraak word, te ondersteun.

Die droogte het in 2018 begin en die streek het minder as 50 persent van sy gemiddelde jaarlikse reënval tussen Maart en die middel van Mei 2019 ontvang. Hierdie droogte raak meer as agt miljoen mense in Ethiopië, meer as vyf miljoen in Somalië en meer as 1,5 miljoen in Kenia. Die vorige droogte in die streek (2011 tot 2012) het tussen 50 000 en 260 000 lewens geëis en noodlenigingsagentskappe het onmiddellik ingegryp om soortgelyke verliese te voorkom.

Baie van die droogtegeteisterde gebiede word ook deur interne geweld en konflik geraak, aangesien veewagtergemeenskappe om kwynende hulpbronne meeding. Baie mense is ondervoed en die behoefte aan voedselhulp het skerp toegeneem. Volgens die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre bystand (UNOCHA) benodig ongeveer 13 miljoen mense dringende voedselhulp. Dit sal na verwagting in die komende maande toeneem, omdat opeenvolgende swak reënseisoene hul bestaansmiddele ​​vernietig het en gemeenskappe nie meer die vermoë het om vir hulself te sorg nie. Gepaardgaande met die droogte, bestaan die gevaar van aansteeklike siektes soos cholera, tifus, diarree, akute lugweginfeksies en masels.

Die Horing van Afrika is die tuiste van ongeveer 115 miljoen mense. Somalië het die kleinste Christen- gemeenskap (0,3% belydende Christene), terwyl Kenia die grootste hoeveelheid Christene het (78%). Die Kerk in die streek kan ’n belangrike rol speel in die verspreiding van noodleniging en in die bemiddeling van vrede tussen mededingende veewagtergemeenskappe.

Bid asseblief saam met ons vir die streek wat Somalië, Ethiopië, Kenia en Uganda.


Artikel verskaf deur INcontext International incontextinternational.org

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.