10 Augustus 2019

Ontmoet vir Mansuri. Sy is in Bangladesj in ʼn Moslem-familie gebore. Danksy Geopende Deure se ondersteuners word bekeerlinge soos sy gehelp om in hul nuutgevonde Christelike geloof te groei en ander te dissipels te maak!

Mansuri se storie:

My ouers het my toegelaat om met ʼn Christen te trou, maar my verbied om Jesus te volg. Ek het nietemin ʼn gelowige geword nadat ek begin het om ʼn gebedsgroep by te woon. Ons familie en gemeenskap het ons onder baie druk geplaas … Omdat my man onterf is, is ons gedwing om by my familie te gaan woon – ʼn bedekte seën. My man kon die Evangelie voor hulle uitleef en hulle almal het gelowiges geword!

Jesus het vir my gesterf. En Hy het ons geleer om ons naaste lief te hê soos onsself. Hy is my inspirasie. Hy het vir die mense gewerk. Ek wil dieselfde doen.” – Mansuri

Mansuri het by Geopende Deure se Bybelklasse aangesluit. Sy het nou haar eie Bybelstudiegroep vir tien vroue en sy stap ’n pad van dissipelskap met hulle.

Sarosa het as ʼn Moslem in die Filippyne grootgeword, maar toe sy Jesus ontmoet, het dit haar lewe verander. Geopende Deure help haar om te floreer, ondanks al die gevare.

Sarosa se storie:

My man is ʼn moeilike persoon, beledigend en ʼn rokjagter… ek het besluit om my en ons kinders se lewens te neem. Ek het ons kos vergiftig en is toe na die mark toe. Daar het ek vir Precious ontmoet wat die Evangelie met my gedeel het. Ek het besef ek het ’n fout gemaak en het na ons huis toe gehardloop. Genadig het die kinders nog nie die rys geëet nie. Later, nadat my man uitgevind het dat ek ʼn Christen geword het, het hy my aangerand; maar ek het volhard. In 2017 het ISIS ons stad, Marawi, aangeval. Ek het net-net saam met my gesin ontsnap. Ons dank die Here dat ons dit almal oorleef het.

Ek het geleer dat God selfs in die moeilikste tye help. Die grootste bewys dat Hy bestaan, is dat Geopende Deure ons opgesoek en ondersteun het. – Sarosa

Te danke aan die ondersteuning van Geopende Deure se vriende het Sarosa dringende hulp ontvang gedurende die gewelddadige beleg van Marawi. Sy is ook bemoedig deur die Bybelse, Standing Strong Through the Storm-seminare. Geopende Deure kon haar bystaan om haar tydelike woning te herstel – dit is waar sy woon totdat sy kan terugkeer na haar huis in oorloggeteisterde Marawi.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.