Deur: Bridget Sielicki
Bron:  www.liveaction.org

’n Onlangse verslag in die joernaal, Palliative Medicine, onthul dat die opkoms van genadedood en bygestaande selfdood in Kanada ’n baie negatiewe uitwerking gehad het op die palliatiewe behandeling wat aan siekes en sterwendes verskaf word. ’n Artikel in BioEdge gee besonderhede uit die studie – en die resultate is nie verbasend vir dié wat lankal gewaarsku het oor moontlike slaggate nie.

Kanada se Medical Assistance in Dying (MAiD) – die regering se algemene term vir bygestaande selfdood en genadedood – is in 2016 gewettig, wat baie probleme geskep het vir diegene in die palliatiewe sorggemeenskap. Om die impak wat MAiD gehad het, volledig te dokumenteer, het die outeurs 23 palliatiewe sorgverskaffers (13 dokters en 10 verpleegkundiges) in Suid-Ontario ondervra, “met die doel om die ervaring van palliatiewe sorgverskaffers in die voorste linie te ondersoek met betrekking tot die uitwerking wat mediese hulp vir bygestaande selfdood het op palliatiewe versorgingspraktyke.”

Botsende belange

Die Mayo Clinic definieer palliatiewe sorg as “gespesialiseerde mediese sorg wat daarop fokus om pasiënte verligting te bied van pyn en ander simptome van ’n ernstige siekte, ongeag die diagnose of stadium van die siekte.” Uiteraard is palliatiewe sorg bedoel om vertroosting te bied en die lewenskwaliteit vir pasiënte te verbeter. Almal wat ondervra is, het na ’n botsing van belange in die verskaffing van behoorlike palliatiewe sorg verwys wanneer hulle terselfdertyd ook met bygestaande selfdood te doen het, want die regmatige vereiste vir geskiktheid vir bygestaande selfdood behels dat verdowende medikasie weerhou moet word van diegene wat dit dan juis die nodigste het.

Die mediese verskaffers het ook onthul dat hulle sedert die implementering van MAiD druk ervaar het om die opsie van bygestaande selfdood of genadedood met hulle pasiënte te bespreek. Dit kan sommige pasiënte en hul gesinne senuweeagtig maak en laat voel dat die dood die enigste opsie is. Daarbenewens vind die verskaffers wat moreel gekant is teen MAiD dit nou moeiliker om eerlike gesprekke met hul pasiënte te voer.

Eis emosionele tol op verskaffers

Nog ’n newe-effek is een wat selde bespreek word: die emosionele tol wat hierdie sterftes op mediese verskaffers speel. Die meeste mediese beroepslui betree die veld omdat hulle vir hul pasiënte wil sorg, nie om hulle dood te maak nie.

Herlei hulpbronne

Laastens het die verslag aan die lig gebring dat palliatiewe sorgverskaffers glo dat hulpbronne wat andersins aan hulle sou gaan, nou vir MAiD-prosedures gebruik word, met geld wat gebruik kan word om gerief en kwaliteitsorg aan pasiënte te bied wat nou aangewend word om hulle lewens te beëindig.

Foto slegs ter illustrasie. Alberto Biscalchin/www.flickr.com


7 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org