-deur Breaking News / JNS.org

5 April 2018

Israelse navorsers het ‘n lewensreddende slimfoontoepassing ontwikkel vir hoogs allergiese mense wat hulle sal help om hulp te ontbied tydens ʼn noodgeval.

Die  toep is gemik op die miljoene allergielyers  met ‘n hoë risiko om in anafilaktiese skok te gaan as hulle nie ’n  epinefrieninsputing (EpiPen) ontvang nie. Die Epipen is  ‘n  inspuitings wat lyers met hulle kan saamdra. Dit lyk soos ʼn pen en kan die lewensreddende medisyne vinnig en doeltreffend toedien. Daar is 20 000 allergielyers in Israel vir wie die draagbare epinefrienpenne voorgeskryf is.

Omdat hy weet baie allergiepasiënte, insluitende kinders,  hulself in ‘n mediese noodgeval dikwels ver van hul medikasie bevind,  het professor David G. Schwartz, en  doktorale studente Michael Khalemsky en Michal Gaziel Yablowitz van die Bar-ilan Universiteit se Sakebestuurskool, die “EpiMada”-toep ontwikkel wat lyers met mekaar verbind.

In geval van ‘n noodgeval kan die lyer die toep aktiveer, wat die naaste geregistreerde Epipengebruiker stuur om sy eie persoonlike dosis van die belangrike medisyne aan die persoon in nood te lewer. Die toep is  gebaseer op dieselfde stelsel as Gett Taxi of Uber. Dit kan ʼn  lyer waardevolle minute bespaar wat dit noodmediese personeel sou neem om by hulle uit te kom.

Die span se navorsing het bevind dat allergiepasiënte “hoogs gemotiveerd is om hul persoonlike EpiPen aan ander lyers te gee wat in nood verkeer –  iets wat oor die algemeen ongewoon is onder algehele vreemdelinge,” het Yablowitz in ‘n onderhoud met JPost gesê. “Die feit dat Epimada ‘n aflaaibare mobiele gemeenskap is wat noukeurig gemonitor word, maak die deur oop vir opwindende navorsing oor die gedrag en voordele van sulke noodreaksie-gemeenskappe.”

Byskrif: (Foto: iPhone / Creative Commons / via Pixabay)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.