-deur Gillian Fraser

5 November 2019

Vanaf 1 November is werknemers wat voorheen nie geregtig was op kraamverlof nie, nou geregtig op tien dae betaalde ouerskapverlof wat uit die werkloosheidsversekeringsfonds betaal moet word. Dit geld vir vaders, ouers van aangenome kinders (2 jaar en jonger) en ouers wat ’n surrogaat ouers word.

Dit is ’n historiese en lang stryd wat gevoer is vir werkers, ouers, kinders en gesinne oral in Suid-Afrika. Dit is op 23 November 2018 deur president Cyril Ramaphosa as wet bekragtig en vanaf 1 November 2019 in die grondwet geïmplementeer.

COSATU welcomes the implementation from today 1 November 2019, of paid parental leave for parents of new born children. …

Posted by Cheryllyn Verdon Dudley on Friday, 1 November 2019

Die voormalige ACDP-LP Cheryllyn Dudley het geskiedenis gemaak toe sy die eerste privateledewysiging aan die parlement van Suid-Afrika voorgelê het wat toe in die Nasionale Vergadering goedgekeur is.

Dudley het die volgende met JOY! gedeel:

Een van die wonderlikste dinge vir my as parlementslid is dat betekenisvolle oomblikke skouer aan skouer met al die ander dinge gebeur. Dit laat jou glimlag – jou hart wil selfs bars van vreugde of soms breek met deernis – maar dit word deel van een groot tapisserie van lewensveranderende besluite, suksesse en mislukkings [. . .]

Die Wysigingswetsontwerp op die Arbeidswetgewing het vier jaar lank geduur, maar dit is uiteindelik bereik. Dit maak voorsiening vir ouerskap- en aannemingsverlof en word oral in Suid-Afrika gevier deur werkers en veral jong vaders wat bly is dat hulle erkenning ontvang vir hulle belangrike rol. Dit was vir my so ’n voorreg dat hierdie wetsontwerp aan my toevertrou is, en ek is dankbaar teenoor die Here daarvoor. Ek het vier seuns, een dogter, vier kleinseuns en twee kleindogters, daarom is ek so verheug vir jong mense wat gesinne begin.

Bemagtiging van vroue

Hierdie wetgewing behoort vroue ook te bemagtig wat tradisioneel al die verantwoordelikhede vir die kinders se opvoeding, versorging en die huishouding moes dra. As pa’s met die huishoudelike en kindersorgverantwoordelikhede help, is dit baie bemagtigend vir vroue – en die kinders baat ook daarby. In ’n land waar mans deur omstandighede van hul gesinne geskei is en baie min selfs hul name op hul kinders se geboortesertifikaat het, laat hierdie wetgewing ruimte vir vaders om sinvol met hulle gesinne verhouding te bou.

Aannemingsverlof is ’n nuwe konsep

Aannemingsverlof is ook so verligting vir diegene wat dit oorweeg om hierdie stap te neem en is ’n aanmoediging vir ander om dieselfde te doen – te veel kinders word buite die gesinstruktuur groot en dit is onregverdig en hartverskeurend.

Posted by Cheryllyn Verdon Dudley on Friday, 1 November 2019


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.