Deur Tré Goins-Phillips

Foto deur Tim Bennett / Unsplash

Bron: faithwire.com

17 September 2019

Nuwe navorsing oor sosiale media het bewys wat die Skrif ongeveer 3 000 jaar gelede reeds gesê het: Dit wat ons hart vasvang, verteer ons.

In die loop van twee jaar het navorsers van die Universiteit van Kalifornië San Diego en Yale 5 208 volwassenes se gebruik van Facebook gemonitor. Die data dui daarop dat dié sosiale media-platform mense se fisieke en emosionele gesondheid verminder.

Beduidende tyd wat aan sosiale media bestee word, lei ook tot “negatiewe selfvergelyking” en skep die “illusie van nabyheid” aan ander mense sonder om die ware vreugde wat gesonde verhoudings in die werklike lewe te bied.

Volgens die Harvard Business Review het navorsing getoon dat die meeste maatstawwe vir Facebook-gebruik toon dat daar ’n afname in geestesgesondheid voorspel kan word wanneer iemand Facebook in die voorafgaande jaar gebruik het.”

Dit is egter nie verbasend nie. Buiten die feit dat daar baie navorsing is wat dui op die gevare van buitensporige gebruik van sosiale media, waarsku die Skrif ons in beide die Ou en Nuwe Testament om nie te belê in dít wat nie in ruil ’n goeie opbrengs of resultaat sal lewer nie. Dit is sinneloos om ons liefde, tyd en aandag aan iets te wy wat nie waarde het nie en tydelik van aard is.

In Prediker 1 waarsku Salomo teen die gejaag na wind van hierdie wêreld. “Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk: alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind.” — Prediker 1:14.

Vroeër het hy alles op aarde as ’n “geswoeg” beskryf en voeg by: “Woorde vervaag mettertyd, en ’n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.”

Ons is nooit tevrede nie.

Die leë beloftes van hierdie wêreld — soos ons perfekte Facebook-plasings en Instagram-foto’s – sal ons nooit ware tevredenheid bied nie, maar slegs ’n vlietende ontvlugting van ons diepe ontevredenheid.

Die Skrif belowe egter aan die ander kant om ons nooit met leë hande weg te stuur nie. In Jesaja 55:11 skryf die profeet oor God en die woorde wat Hy spreek: “So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”

Lees die volledige berig by faithwire.com


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.