Deur: Jan M. Olsen/AP
Bron: www.charismanews.com

’n Nuwe, regse Noorweegse wetgewer het Woensdag gesê dat hy die Amerikaanse president, Donald Trump, vir die Nobelprys vir Vrede benoem het vir sy pogings om vrede in die Midde-Ooste te help bewerkstellig.

Christian Tybring-Gjedde, ’n lid van die Noorweegse parlement vir die verregse Progress Party, het gesê pres. Trump moet oorweeg word vanweë sy aandeel “in ’n vredesooreenkoms tussen die Verenigde Arabiese Emirate en Israel wat die weg baan vir moontlike vrede in die Midde-Ooste.”

Israel en die Verenigde Arabiese Emirate het verlede maand ’n historiese ooreenkoms gesluit wat betrekkinge normaliseer en sal op 15 September tydens ’n seremonie by die Withuis onderteken word.

“Ongeag van hoe pres. Trump tuis optree en wat hy op perskonferensies sê, hy staan beslis ’n kans om die Nobelprys vir Vrede te kry,” het Tybring-Gjedde aan The Associated Press gesê.

Hy het gesê dat hy pres. Trump Woensdag vir die 2021-prys benoem het, en het bygevoeg dat “Donald Trump aan die kriteria voldoen.”

Tybring-Gjedde was een van twee Noorweegse wetgewers wat pres. Trump in 2018 vir die Nobelprys vir Vrede benoem het vir sy pogings om versoening tussen Noord- en Suid-Korea te bewerkstellig. Enige wetgewer wat in ’n nasionale wetgewer dien, kan iemand vir die Nobelprys vir Vrede benoem.

“Laat ons nou hoop dat die Nobelkomitee sal kan oorweeg wat pres. Trump internasionaal bereik het en dat die komitee hom nie deur gevestigde vooroordeel teen die Amerikaanse president laat beïnvloed nie,” het Tybring-Gjedde op Facebook gesê.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto: Pres. Donald J. Trump (Michael Vadon / commons.wikimedia.org)

14 September 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.