-deur Geopende Deure Nederland

Foto: Christelijknieuws

Bron: christelijknieuws.nl

17 September 2019

Geen Christelike kinderliedjies nie. Geen kleurryke Kinderbybels nie. Nie eers ’n gebedjie wanneer die kindertjies gaan slaap nie. Om ’n Christen in Noord-Korea te wees, is so gevaarlik dat ouers nie hul eie kinders van die Here Jesus kan vertel nie.

Dit is nie verniet dat Noord-Korea die eerste plek inneem op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van plekke in die wêreld waar Christene vervolg word nie. Daar kan jy slegs in die diepste geheimhouding ’n Christen wees. Die Christendom word deur die Noord-Koreaanse regering as ’n gevaarlike godsdiens beskou wat beveg moet word. Dit is onmoontlik om in die openbaar oor godsdiens te praat, want enigiemand kan ’n verraaier wees en jou by die owerhede aanmeld, wat tot lewenslange gevangenisstraf of die dood kan lei. Kinders is nie bewus van hierdie gevaar nie, daarom word daar niks vir hulle vertel nie. In hul spontaniteit kan hulle hulself en hul gesinne verraai.

Drie redes waarom Christelike Noord-Koreaanse ouers nie hul kinders van die Here Jesus vertel nie:

– Indoktrinasie: Wan sonop tot sononder, van hul geboortedag tot hul sterfdag word die Noord-Koreane elke dag geïndoktrineer. Hulle mag slegs die Kim-gesin aanbid. Die eerste woorde wat ouers hul kinders moet leer, is byvoorbeeld nie: ‘Dankie Heer” nie, maar: “Dankie Vader Kim Il Sung.”

– Te gevaarlik: kinders is spontaan. In hul spontaniteit kan ’n kind dalk net ’n Christelike lied sing of iets oor ’n Bybelverhaal vertel. Dit kan lei tot lewenslange vonnis in ’n strafkamp vir die ouers en selfs die dood van die kinders en hul gesinne.

– Daar is niemand wat die goeie nuus vir die kinders kan vertel nie: Tienduisende kinders leef sonder ouers op Noord-Koreaanse strate weens armoede, gebroke gesinne of ander probleme. Hulle is oorgelewer aan die genade van die land se bewind.

MAAR . . .

God werk deur die geslagte heen

Geopende Deure het ’n spesiale ontdekking gemaak tydens hul werk in Noord-Korea. God werk deur die geslagte heen en laat nooit die Christen-gesinne in die steek nie.

“My geloof in Jesus is die vrug van die gebede van my oupa.”

“Ek onthou my twee oupas en die verhale wat hulle vir mekaar vertel het oor spesiale dinge,” het Yong Sook* aan die organisasie gesê. “Dit het gegaan oor dinge soos Jesus se wederkoms of hoe Esau sy eersgeboortereg vir ’n maaltyd verruil het. Dit moes ’n baie goeie ete gewees het, dink ek toe nog gedink.

“Jare later, toe ek in die gevangenis was en ’n baie moeilike tyd beleef het, het ek weer aan my oupas gedink. Ek het begin bid en gewonder aan wie ek my gebede moet rig. Ek het besluit dat die God van my oupas die beste keuse is. Ek was nog nie ’n gelowige nie, maar tot vandag toe glo ek dat hulle gebede my geseën het. My geloof in Jesus is die vrug van my oupas se gebede.”

Al is dit onmoontlik om Noord-Koreaanse kinders oor die Christelike geloof te vertel, moet hulle ’n Christelike leefstyl sien en kan hulle ouers steeds vir hulle bid.

Ja, daar is dalk geen vrolike kinderliedjies of kleurryke Kinderbybels nie, maar daar is ’n vaste oortuiging dat God ook hul kinders raaksien en dat hulle kinders ook God se liefde in hulle ouers se lewens kan sien.

*Skuilnaam


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.