Bron: Christian Post

Nike het ‘n regsgeding teen MSCHF begin, wat in samewerking met die kletsrymer Lil Nas X, sataniese skoene bemark het. Die onderneming word aangekla weens die onwettige gebruik van die Nike-handelsmerk. Die skoene wat Maandag binne 1 minuut uitverkoop is, bevat elk ’n druppel mensbloed.

Die maatskappy wil nie kommentaar lewer oor die inhoud van die aanklagte nie, berig die Christian Post. “Ons sal geen verdere besonderhede bekendmaak nie. Ons kan wel verklaar dat ons geen vennootskap met MSCHF of die kletsrymer, Lil Nas X het nie. Die ‘Satan-skoene’ is sonder Nike se toestemming of magtiging gemaak en Nike is geensins verbonde aan hierdie projek nie.”

Nike berig ook dat die skoene “verwarring veroorsaak” en MSCHF met Nike verbind. “Daar is reeds bewyse van hierdie verwarring in die handel. Daar word gevra dat Nike geboikot moet word vir die bekendstelling van die sataniese skoene. Daar word verkeerdelik geglo dat Nike toestemming gegee het vir die vervaardiging van hierdie skoene.”

Die skoene is deel van ’n promosieplan om die jongste enkelsnit en video, Montero (Call me by your name), van Lil Nas X te bemark. Dit is ook die kletsrymer, Montero Lamar Hill, se regte naam. Talle demoniese figure kan in die snit gesien word. Die kletsrymer daal sogenaamd af na die hel om satan te verlei.

Skermskoot: YouTube/BradHall


1 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.