Bron: morningstarnews.org

n Nigeriese voorganger, Leviticus Makpa (39, en sy driejarige seuntjie is in Nigerië deur Moslem-ekstremiste vermoor.

Makpa is die stigter van ‘n Christelike skool en verskeie kerke. “Die pastoor en sy seun is deur die Fulani-stam doodgeskiet,” het sy buurvrou Deborah Omeiza aan Morning Star News gesê. “Sy vrou en hul dogter het net betyds ontsnap.”

Die predikant was aktief in die noorde van Nigerië besig om nuwe gemeentes te plant. Hy het ook ’n Christelike skool in sy dorp begin omdat daar ‘n tekort aan onderwys vir die kinders was. Makpa was volgens sy kennisse, vriende en familie ’n geliefde man wat alles gedoen het om God te dien.

Makpa het van te vore ’n aanval deur Moslem-ekstremiste op die nippertjie vrygespring. “Die Fulani het die gesin agtervolg, maar die Makpa-gesin het in ’n grot weggekruip. Daarna het Makpa en sy gesin hulle werk voortgesit; hoeveel van ons sou dit doen? ” het ’n familievriend, Samuel Solomon, gesê. “ Makpa het geweet dat sy lewe op die spel was, maar hy het nie dat dit hom afskrik nie en het voortgegaan om die werk van God te doen. ”

Volgens Solomon kon geld nie die rede vir die moord gewees het nie. “Pastoor Makpa het geen geld gehad nie en het geen lewensonderhoud van die regeringontvang nie. Wat wou die Fulani van hom hê? Die motief vir die aanval kon nie geld gewees het nie, hul doel was om die kerk aan te val,” het Solomon gesê.

Christene in Nigerië word voortdurend bedreig en verskillende Moslem-groepe teister die land met gewelddadige aanvalle. Die Fulani is ’n Islamitiese stam wat nomadiese herders is en hoofsaaklik deur die noorde van die Afrika-land trek. Onderweg plunder hulle dorpe, vermoor onskuldige burgers en ontvoer vroue en kinders. Christene is dikwels die slagoffers van die aanvalle.


3 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.