Bron: Morning Star News

Agt Nigeriese Christene is uit ’n bus van hulle kerk ontvoer op pad uit die stad Kudana. Die bus is deur Fulani-terroriste langs die snelweg gestop, berig Morning Star News.

Die agt insittendes is vermis. Pastoor Joseph Hayab is diep bekommerd oor die vermiste gemeentelede. “Ons doen ’n beroep op die regering en ander organisasies om alles in hul vermoë te doen om die slagoffers te red,” het Hayab gesê.

’n Woordvoerder van die Kaduna-polisie het aangedui dat hulle die saak ondersoek.

Christene in Nigerië verduur vervolging deur radikale Moslem-groepe soos die Fulani en Boko Haram. Die Moslem-nomadiese stam teister die Afrika-land met gewelddadige terreuraanvalle en laat ’n spoor van verwoesting, afgebrande dorpies, moord en ontvoering agter.

Volgens Morning Star News is meer as 3 500 Nigeriese Christene van November 2019 tot Oktober 2020 weens hul geloof vermoor. In 2019 was dit 1 350.


5 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.