Deur: VOM Suid-Afrika
Bron: www.persecutionsa.org

’n Jong vrou is uit haar huis geskop en toe later uit haar werk ontslaan nadat sy ’n Christen geword het. Die 24-jarige Binsa het in ’n Hindoe-gesin grootgeword.

Sy het eendag ’n gospelliedjie oor die radio gehoor wat haar oor Christenskap laat nadink het.

Sy het besluit om Christus as haar Heer en Verlosser aan te neem. Toe haar gesin daarvan hoor, het hulle haar die huis verbied.

Binsa is na Katmandu, die hoofstad, op soek na werk om haarself te onderhou. Sy het by ’n koffiewinkel werk gekry en ’n kamertjie gehuur.

Op haar dag af het sy ‘n kerkdiens bygewoon. Maar toe die eienaar van die koffiewinkel hoor dat sy ‘n Christen is, het hy haar afgedank. Vir vier maande lank kon Binsa nie haar huur betaal nie en het dikwels honger gely totdat ‘n evangelis van Voice of the Marther (VOM) haar teëgekom het haar toe gehelp het.

Bid vir Binsa en ook dat haar gesin Christus sal leer ken.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto slegs ter illustrasie. pixabay.com
23 Oktober 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.