Bron:  cip.nl

Nederland boikot ook die Verenigde Nasies (VN) se Durban-wêreldkonferensie. Die minister van buitelandse sake, Sigrid Kaag, het dit aangekondig. Nederland volg onder andere in  Hongarye, die Verenigde Koninkryk en Amerika se voetstappe. Dié VN-konferensie is al jare vol anti-Semitisme.

Die komende konferensie sou ‘n terugblik op die heel eerste wêreldkonferensie wees wat 20 jaar gelede gereël is. Durban I was veronderstel om oor rassisme en diskriminasie te handel, maar het in 2001 hoofsaaklik gelei tot ’n konferensie vol anti-Semitisme en Jodehaat. “Sionisme” is byvoorbeeld gelykgestel aan rassisme en daar word deurgaans na Palestyne  as “van rassisme, rassehaat en vreemdelingehaat” verwys.  Destyds is Israel as ’n “rassistiese apartheidstaat” bestempel. Amerika en  Israel het toe besluit om te onttrek.

Nuwe weergawes in 2009 en 2011 is deur meer lande, waaronder Nederland, geboikot. Die vierde en komende uitgawe word reeds deur Amerika,  Israel, Kanada, Australië,  die Verenigde Koninkryk en Hongarye geboikot. Nederland  het hom nou ook by hulle aangesluit.

Minister Kaag het onder meer  verklaar dat Nederland steeds anti-Semitisme beveg en dat die Nederlandse kabinet van mening is dat daar by die Verenigde Nasies te veel eensydige fokus op Israel is.


12 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.