Deur: Harvesters Ministries
Bron: harvestersministries.com

“Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring” – Jesaja 52:7

In Maart vanjaar het ’n Harvesters-span vir ’n week in die bergagtige terrein van Lesotho gereis en meer as 1 000 Bybels suksesvol afgelewer. Die entoesiastiese groep van agt – wat hul reis in Suid-Afrika begin het – het 1 080 Sotho Bybels opgelaai en na die grens vertrek. Harvesters het tans 127 geplante kerke in Lesotho en 98 leraars wat opgelei word.

“Span Lesotho het vanoggend die grens oorgesteek,” het die vreugdevolle verslag die volgende dag gekom. “Ons het in drie spanne verdeel en elkeen sal vandag twee gemeentes besoek om Bybels uit te deel.”

Lewensveranderende Bybels
Op die eerste dag het een van die groepe Joseph in die dorpie Mokhehle ontmoet. Hy is geesdriftig daaroor om die Evangelie te deel en was verheug om ’n Bybel in sy eie taal van Harvesters Ministries te ontvang. “Ek is so dankbaar, want ek het nie ’n Bybel gehad om met my vriende te deel nie,” sê Joseph wat ’n evangelis wil word. “Ek dank God opreg want ek gaan dit met my vriende en familie deel wat niks van Jesus weet nie. Ek gaan die Woord verkondig. Hierdie Bybel gaan my help, want ek wil meer van Jesus Christus leer.” Bybels wat deur Harvesters voorsien word, is in die plaaslike taal sodat mense makliker toegang kan hê tot die ware Evangelie en dit kan ken.

Pastoor Joshua en sy vrou Likhama van die dorpie Ha Lesia, was veral dankbaar om hul Sotho Bybels te ontvang, want hulle het probleme met vals leringe wat nuwe bekeerlinge in hul gebied mislei. Harvesters Ministries het 16 Bybels onder die leiers en gemeentelede van hul kerk versprei en hulle kan nou self die Woord lees. Ons bid dat die Waarheid in hul hele dorpie bekend sal word.

Harvesters Ministries stuur nie bloot bokse Bybels uit nie – ons besorg dit direk in die hande van ons leraars, studente en gemeentelede. Ons deel getuienisse, bid saam, deel die Evangelie en help mense om hul nuwe Bybels te lees en te bestudeer. Hierdie kosbare oomblikke – soos Span Lesotho-lid Steven wat twee plaaslike mans leer hoe om hul nuwe Bybels te gebruik om ander na Jesus te lei – is belangrike elemente van elke Bybelplasingsreis.

Die impak van Harvesters Ministries in Lesotho
Op dag twee was Span Lesotho gereed vir die besige dag wat voorgelê het om nog 12 Harvesters-kerke te besoek. In ’n landelike dorpie genaamd Leribe, is ’n plaaslike kerk wat deur pastoor Kerabo geplant is. Hy het reeds drie kerke geplant en het pas sy Fase C Harvesters-opleiding voltooi wat homiletiek en preekvoorbereiding dek. Hy het die impak wat die Harvesters-program gehad het met Francois Snyman, Harvesters se landleier in Lesotho, bespreek. “Die werk van God is makliker gemaak vir ons as leraars. Ons het altyd die werk en die oes as so ingewikkeld beskou,” verduidelik Kerabo. “Maar deur hierdie opleiding het ek geleer dat dit moontlik is om siele te wen sonder enige ander bekommernis oor uitgawes en geld en klankstelsels. Ek is opgewonde! Die werk van God is so wonderlik.”

Teen die einde van die reis het die span pastoor Matuso ontmoet. Sy is ’n toegewyde leraar in die Mafeteng-distrik wat elke Sondag drie uur stap om haar gemeente bo-op een van Lesotho se berge te ontmoet. “Ek het ’n passie daarvoor om mense van die Woord van God te vertel,” het sy die span meegedeel, “want ek het besef dat mense deur die duiwel gemartel word. Die Woord van God help hulle om vry te wees van die bindings.” Haar kerklidmate het hul eie lewensveranderende Bybels van Harvesters Ministries ontvang. Ons bid dat die Waarheid hulle vry sal maak.

Matuso, wat pas Fase E wat die Nuwe Testament bestudeer, voltooi het, het die Harvesters-opleiding so nuttig gevind. “Dit het my toegerus met die kennis wat ek nie voorheen gehad het nie,” verduidelik sy. “Ek het op baie terreine verbeter as gevolg van die boeke wat hulle vir ons gegee het. Ons leer hoe om te preek, hoe om ’n preek voor te berei en hoe om met mense oor die Woord van God te praat.”

’n Ander leier in ’n afgeleë dorpie ongeveer 30 km van die dorp Maseru, het die span ook bedank vir die Harvesters-opleiding. “Die materiaal het my in werklikheid krag gegee,” het hy gesê. “Dit het my moed gegee om van huis tot huis te gaan om die mense van Jesus te vertel.” Hierdie leraar reis elke Saterdag van Maseru en preek getrou in die omliggende dorpies wat geen elektrisiteit of lopende water het nie. Die Here werk deur hom en een van sy kerke het nou 30 volwassenes en 25 jongmense.

’n Suksesvolle reis
Gedurende hul week het Span Lesotho duisende kilometers afgelê op stamperige grondpaaie en soms deur stormagtige weer om 1 080 Bybels by 61 kerke af te lewer. “Dit was so ’n seën om so baie getroue kinders van God te ontmoet en hulle toe te rus met God se Woord,” besin André Jooste – bestuurder van Harvesters Bibles for Believers – met die span se terugkeer. “Ons bid dat God se Woord nie leeg sal terugkeer nie.”

Danksy jul skenkings het hierdie Bybelplasing die lewens van meer as duisend gelowiges in Lesotho verander. Dit kos R300 om ’n moedertaal-Bybel in die hande van ons Harvesters-broers en -susters te plaas. Oorweeg dit vandag biddend om ’n geskenk van onskatbare waarde – ’n Bybel – te gee.

Skakel met Harvesters Ministries op enigeen van sy platforms:

Facebook – www.facebook.com/harvestersmin

Instagram www.instagram.com/harvestersministries

YouTube – www.youtube.com/c/HarvestersMinistries

Webtuiste – www.harvestersministries.com


5 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.