Deur: Errol Naidoo
Bron: familypolicyinstitute.com

Die stryd om die skadelike seksuele indoktrinasie van onskuldige kinders in openbare onderwys te stuit, het verlede week ’n groot hupstoot gekry toe die “Wêreldgesondheidsliggaam taal verwerp het wat die Omvattende Seksualiteitsvoorligtingsprogram (CSE) as ’n vereiste vir gesondheidsonderrig voorskryf.

’n Koalisie van Afrikalande (nie Suid-Afrika nie) het by die Russiese Federasie aangesluit om teen CSE te stem. Die Biden-regering gesteun deur liberale Westerse regerings onderskryf die mislukte resolusie. he

’n Toenemende aantal lande in die wêreld het die radikale aborsie en LGBTQ-seksuele indoktrinasie wat in CSE ingebed is, erken en staan dit teen.

Volgens die Verenigde Nasies se leiding word kinders geleer dat geslag ’n sosiale skepping is. Daar word voorgehou dat masturbasie normaal is vir kinders so jonk as tien jaar. Dit leer kleuters ook oor verskillende soorte “nietradisionele gesinne” met ’n groot klem op LGBTQI-regte.

Tragies genoeg het die ANC-regering egter Suid-Afrika se skoolkinders uitgelewer aan die radikale beweging vir aborsie- en seksuele regte. Die departement van basiese onderwys se implementering van CSE word befonds en beheer deur UNESCO en ander buitelandse linkse groepe.

Gelukkig is CSE tans nie verpligtend in die openbare skoolstelsel van Suid-Afrika nie. ’n Amptelike brief van die departement het dit bevestig. Alternatiewe seksualiteitsvoorligtingsprogramme soos die veilige, waardegebaseerde “Smart Choices”-kurrikulum is verwelkom solank dit aan CAPS voldoen. he

Dit is onheilspellend dat die Europese Unie (EU) tans beplan om CSE verpligtend te maak in lande wat die voorgestelde bindende ooreenkoms tussen Afrika / Karibiese gebied / Stille Oseaan (ACS) onderteken het.

Skoolbeheerliggame kan die voorligtingsprogramme kies wat die beste geskik is vir leerders se behoeftes. Ouers moet egter die beheerliggame versoek om Smart Choices aan te vra.

Skoolbeheerliggame sal binnekort begin om opvoedkundige programme te kies. Daarom moet ouers dringend optree om CSE-indoktrinasie teen te staan en die veilige waarde gebaseerde kurrikulum Smart Choices te kies.

Ons deel gereeld hoe om Smart Choices te bestel en lig lesers in oor die resultate van loodsprogramme by geselekteerde skole asook ander relevante inligting op die Facebook-bladsy, “Common-Sense Sexuality Education”. Jy kan ook jou vrae oor hierdie programme daar indien.

Help ons asseblief om die goeie nuus oor “Smart Choices” te versprei deur hierdie skakel wyd en syd te deel.


9 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.