Deur: Evangelical Focus
Bron: evangelicalfocus.com

Tienduisende mense het die strate van Minsk, die hoofstad van Belo-Rusland, ingevaar om vir ‘n vierde agtereenvolgende naweek teen president Alexander Lukashenko. Daar was soortgelyke betogings in ander stede, onder meer Brest, Vitebsk en Grodno.

Volgens die nie-regeringsorganisasie Viasna is 130 mense op Sondag in hegtenis geneem, terwyl die Russiese nuusagentskap, Interfax, minstens 100 aanhoudings aangemeld het.

Onlangs het aktivis Olga Kovalkova die land verlaat en in Pole gaan skuil omdat sy met ’n lang tronkstraf gedreig is.

Svetlana Tikhanovskaya – wat die hoofopposisie teen Lukashenko in die verkiesing geword het nadat haar man Sergei Tikhanovsky en ’n ander kandidaat gevange geneem is – het na Litaue gevlug. Sy het die Verenigde Nasies versoek om ’n internasionale span na Belo-Rusland te stuur om die “situasie te dokumenteer en te monitor”.

”’n Nasie kan en behoort nie gyselaar gehou te word deur ’n man se magsbeheptheid nie. Belo-Rusland het wakker geword; daar is nou geen omkeer nie ” het sy gesê.

Onder diegene wat gearresteer en aangerand is, was ook evangeliese Christene, soos Tatiana Belashova, wat 53 uur lank aangehou is. “Toe my man na die middestad van Minsk gegaan en verdwyn het [..] het ek besef dat hy aangehou is. Die spesiale polisiemagte het my en 12 ander vroue ook in hegtenis geneem,” het sy aan Evangelical Focus gesê.

Belashova het Christene gevra om vir die slagoffers te bid. ”Verhoog asseblief bewustheid oor Belo-Rusland in die buiteland. Vertel wat in Belo-Rusland gebeur.”

Kort ná die verkiesing in Augustus het die Union of Evangelical Christian Baptists in Belo-Rusland, die United Church of Christians of Evangelical Faith en die Religious Association of Full Gospel Communities, ’n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle gevra dat daar gebid moet word vir die einde van die geweld en bloedvergieting en vir almal wat geraak word asook vir hul gesinne”.

Hulle het ook vir gebed gevra vir diegene wat aan bewind is “sodat hulle die vrees van God mag hê en onthou dat daar ’n Opperregter oor hulle is, aan wie ons almal rekenskap sal moet gee […]”.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto: Belsat TV
15 September 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.