Deur: dr. Arno van Niekerk – verkorte verwerking van stempos
Bron: artikel verskaf

“Ons kan geen vorm van vrees toelaat om Suid-Afrika te beheer nie”

My vriende en mede-Suid-Afrikaners, ek het vandag ’n ernstige en belangrike boodskap op my hart om met julle te deel. Ek en my gesin het van Umhlanga af teruggereis na Bloemfontein. Ons het die verwoesting en die skade gesien. Talle vragmotors is uitgebrand, ons het gesien hoe die paaie beskadig is en in die Vrystaat op baie plase veldbrande gesien. Die erns van wat in die land aangaan, is besig om in te sink.

Strategie van die vyand

Ek het gaan bid en besef dat ons op ‘n uiters kritieke punt is. Ons kan geen vorm van vrees toelaat om Suid-Afrika te beheer nie, want dit is presies die strategie van die vyand – om vrees en chaos te saai sodat mense ingee en hoop verloor. Hulle verloor hul geloof, verloor die vertroue in enigiets hoopvol in Suid-Afrika.

My boodskap het ten doel om dit teë te werk in die Naam van die Here Jesus Christus. As ’n man van geloof doen ek ’n beroep op julle as Suid-Afrikaners en as mense van geloof in Suid-Afrika: Staan op in jou geloof. Wat ons aanskou, is verwoestend vir die ekonomie. Ek is ‘n ekonoom. Ekonomies gesproke wat ons reeds in die moeilikheid voor die inperking. Toe kom die inperking wat ons nog dieper in die verknosing geneem het. Nou kos die plunder en die krisis in Suid-Afrika ons miljoene. Ons moet kennis neem van die erns van die situasie, maar ons reaksie daarop is van nog groter belang.

Ons reaksie op die situasie

Ons nie kan toelaat dat vrees hierdie situasie dikteer nie. Dit is belangrik. Ons moet kalm bly en ons in die Here Jesus Christus anker. Deur die geloof alleen – luister na my — deur die geloof alleen, sal ons die situasie die hoof kan bied. Ja, ons is almal verslae. Kon dinge regtig tot op so ‘n vlak daal en ineenstort al het reg geskied en is president Zuma tronk toe?

God lê boosheid bloot

Hierdie is die oomblik waar God besig is om iets baie belangriks in ons land bloot te stel. Hy stel die gebiede en die strominge van mense bloot waardeur boosheid in ons land floreer. Ons moet bid vir die blootstelling van die bose in Suid-Afrika soos nog nooit tevore nie. Hierdie slang is regtig besig om sy kop te lig.

  1. Spreek lewe uit

Mense van God, ons doen ‘n beroep op julle, staan nou in geloof op, neem die Woord van God en verkondig dit in jou gebedstyd, in jou gesinstyd , in jou gesprekke met vriende, in jou WhatsApp-boodskappe, in jou aanlynkommunikasie. Ons doen ‘n beroep op jou om lewe oor Suid-Afrika uit te spreek. Ek sê nou vir julle, as ons voortgaan om die dood oor ons land uit te spreek, dan is dit wat ons gaan kry. Want ons woorde het krag. Dus, dit is my eerste oproep om sensitief te wees oor die woorde wat jy gebruik. Spreek doelbewus lewe oor Suid-Afrika uit. Wanneer jy op die nuus mense sien wat plunder, moenie net kyk nie, bid vir hulle! Moenie net die probleem raaksien nie, bid daaroor. Spreek die lewe daaroor uit in die Naam van Jesus.

En laat ek beklemtoon, Jesus. Want daar is geen ander hoop as die Here Jesus Christus vir Suid-Afrika nie. Dit is my pleidooi aan jou vandag, roep die Here aan soos nog nooit tevore nie. Jesus Christus is die hoeksteen en tensy Hy die hoeksteen in Suid-Afrika is, sal ons sal tevergeefs werk, want tensy die Here die huis bou, bou ons tevergeefs.

  1. Word ’n gebedstryder

Die tweede ding is om ’n gebedsvegter te word soos nog nooit tevore nie. Spreek God se woorde oor hierdie volk uit in jou gebede. Bid en tree in, want 1 Petrus 2:9 se dat ons koninklike-priesters is, ons is priesters van die lewende God en word aangesê om in te tree. Die vyand staan gereed om Suid-Afrika te vernietig.

Word dus ‘n biddende volk en bid soos nog nooit tevore nie. Neem die verse uit die Bybel en bid hulle, word ’n gebedsstryder, Spreek lewe oor die land .

  1. Beoefen jou geloof

 Derdens het ek ’n woord wat die Here vir my gegee het. Ek glo dit is ’n woord van die Here vir Suid-Afrika. Elke Suid-Afrikaner moet hierdie woorde hoor en daarop reageer. Hebreërs 13: 35-39: “Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in. Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. Nog net ‘n kort, kort tydjie,

en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie. En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie. Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe.”

Ek glo die Here wil hê dat jy hierdie woorde moet spreek oral waar jy gaan: God sal Suid-Afrika red. Doen dit in jou gesinstyd, wanneer jy bid, wanneer jy met vriende gesels, wanneer jy WhatsApp-boodskappe stuur, sluit die altyd af met hierdie woorde: God sal Suid-Afrika red.

Wat ons glo, word in werking gestel

Spreek hierdie profetiese woorde oor Suid-Afrika uit. Want wat ons glo, word in werking gestel. Dit is krag van geloof. Dit is God se Woord, die lewe van God wat binne ons opwel. Jesus het gesê dat lewende waters uit ons binneste sal vloei as ons van Sy lewende water drink.

Bid vir ons land se leiers, bid ook vir diegene wat plunder en geweld saai. Moenie aanhou om hulle te oordeel en dit en dat te sê nie. Moenie toelaat dat rassisme in jou gedagtes posvat nie. Dit is nie ‘n tyd vir verdeeldheid nie. Laat ons verenig in Christus. Laat ons bid en laat hoe ons lewe hierdie nasie vry maak, want die waarheid kom deur die lewe wat ons spreek en die lewe wat ons leef.

Dit is wat die reaksie van God se kinders in ‘n krisistyd moet wees en dit is hoe God ons land sal bevry en Sy beloftes tot vervulling bring volgens die Skrif.


14 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.