Deur: Larry Ross
Bron: www.charismanews.com

Koningin Elizabeth II, die Verenigde Koninkryk (VK) se langsdienende monarg, is op 8 September op die ouderdom van 96 oorlede nadat sy 70 jaar lank regeer het.

Soos die meeste mense in die Britse Statebond en die res van die wêreld, het ek hierdie nuus oor die einde van ’n ongekende era met diepe hartseer ontvang. Etlike ure later het ’n Britse vriend vir my ’n SMS gestuur dat die BBC berig het oor die koningin se vriendskap met eerwaarde Billy Graham.

Dit was die waarheid.

Ek het dit eerstehands gesien omdat ek byna 34 jaar lank as persoonlike mediawoordvoerder vir mnr. Graham gedien het, insluitend verskeie geleenthede toe hy by die koningin was en vir die koninklike familie gepreek het.

Ek het nagedink oor die noemenswaardige invloed en impak van hierdie twee buitengewone individue – Brittanje se langsdienende monarg en die Amerikaanse evangelis wat die Koninkryk van God verteenwoordig het aan ’n wêreldwye publiek.

Ondanks die intense aandag van ’n nuuskierige wêreld en die internasionale media, het albei gedien sonder ’n sweempie van persoonlike skandaal en was hulle voorbeelde van ’n goeie karakter, integriteit en opregtheid vir ons almal.

Hoe het die koningin Billy Graham ontmoet?
Billy Graham het meer evangelisasiesendings in die VK gehou as in enige ander nasie buiten Amerika. Tydens daardie Britse sendings het Graham die evangelie met meer as 9 miljoen mense gedeel.

Dit sluit in sy veldtog in 1954 van 16 weke by die Harringay Arena in Londen. Dit het ’n hoogtepunt bereik met ’n laaste saamtrek by die Wembley-stadion met ’n skare van meer as 185 000. Ná daardie byeenkoms het die koningin ’n assistent versoek om aan Graham te skryf en te sê dat sy ontroer is deur wat by Harringay gebeur het. Dit is interessant dat die koningin opgemerk het dat sy destyds afgeraai is om Graham te ontmoet.

Die evangelis het in 1955 na Engeland teruggekeer vir ’n veldtog van ses weke lank in Glasgow, gevolg deur ’n week by Wembley. Die BBC het sy preek regstreeks uitgesaai aan ’n gehoor wat glo die grootste was sedert die jong koningin se kroning twee jaar tevore.

Dit was tydens daardie veldtog dat die koningin en haar man, die wyle hertog van Edinburgh, eerw. Graham vir die eerste keer van aangesig tot aangesig hoor preek het. Die koningin het die evangelis en sy vrou, Ruth, genooi om haar by Clarence House te ontmoet en om by die koninklike kapel in Windsor te preek.

Dit het gelei tot ’n vriendskap van vier dekades lank en bediening aan die koningin gegrond op ’n gedeelde geloof en geloof in die Bybel. Die koningin en eerw. Graham het op 12 afsonderlike geleenthede ontmoet – in Brittanje en Amerika, insluitend verskeie geleenthede waar eerw. Graham in die Koninklike kapel vir die koninklike familie gepreek het.

Foto: Billy Graham saam met koningin Elizabeth II in 1989. Billy Graham is in 2018 op die ouderdom van 99 oorlede (billygraham.org).


19 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org