Bron: cip.nl

Flor (van Meksiko) wou God graag beter leer ken. Een jaar lank het sy ’n dissipelskapskursus van Operasie Mobilisasie bygewoon. Saam met twee ander studente het Flor dit wat hulle geleer het prakties toegepas. Deur bloot die Woord van God te “doen”, het ’n beweging van nuwe dissipels in die plaaslike gemeenskap van die dorpie Calvillo die lig gesien.

Die eerste praktiese les

Flor het jare lank geen kontak met haar pa gehad nie. “Wat hy aan ons gesin gedoen het, is eenvoudig onvergeeflik,” het sy gesê. “In die laaste week van my dissipelskapopleiding het ek skielik ’n begeerte gehad om die stories uit die Bybel met my ma en twee susters te deel. Hulle het Jesus nog nie geken nie. Ek het elke naweek twee ure soontoe en twee ure terug gereis, per bus, ‘n minibus en die laaste deel te voet. Maar dit was alles die moeite werd. Die Heilige Gees het my aangespoor om hulle te vertel van die opstanding van Jesus, die siekes wat genees is en die sondaars wat Hy vergewe het. Jesus het selfs die manne vergewe wat Hom gekruisig het! Deur dit saam te lees, het hulle besef dat hulle ook vergifnis nodig het. Ek sal daardie oomblik nie gou vergeet nie. Beide my ma en twee susters het God se genadegawe vir hul eie lewens aanvaar en Jesus in hul harte genooi.

Vry van alle haat

Die wonde wat die situasie met my pa in ons harte gelaat het, was diep. Ek het nooit verwag om hom te kan vergewe nie. Hierdie haat het ons ​​al jare lank siek gemaak – fisiek en geestelik. My ma het die swaarste gekry, maar God het ’n diep werk in ons harte begin doen. Die onvoorwaardelike liefde van Jesus het in ons tasbaar geword … Terselfdertyd het my pa ernstig siek geword en ons het ’n onverklaarbare liefde vir hom gevoel. Al wat ek gedink het was: Ek wil hom vergewe! Danksy Jesus se genade kon ek my pa vergewe en ek, my ma en susters was bevry van alle bitterheid. ’n Swaar las het uiteindelik van ons afgeval. Ná al die jare het God genesing, herstel, vrede en vryheid gebring! Dit was slegs moontlik danksy Jesus se offer aan die kruis. Ons het dit wat ons deur Sy voorbeeld geleer het in die praktyk toegepas en my pa van die Evangelie vertel. Wat ‘n wonderwerk! Ook hy, sy nuwe vrou en dogter het hulle lewens aan Jesus gegee.

Talle nuwe groepe dissipelmakers

Flor se getuienis het ’n groot impak op die res van die gesin gehad. Haar neef het alles waargeneem en wou graag meer weet. So het ’n nuwe groep gelowiges ontstaan wat saam Bybelstudie gedoen het. ’n Paar weke later het Flor ’n boodskap van ’n plaaslike kerk se pastoor ontvang. Hy het gesien hoe dissipelskap in klein groepies ’n groot verskil in baie mense se lewens gemaak het en wou weet of sy dit ook in ander dorpies kan gaan doen. Hy het haar aan verskeie pastore, families en vriende voorgestel.

Flor: “Ek het doodeenvoudig saam met my familie God se liefde met hulle gedeel. En deur die hand van God sien ons nou nuwe groepe Jesus-volgelinge wat ook in ander dorpe begin.”

Enigeen wat in Jesus glo kan dissipels maak! Al wat jy nodig het is ’n hart wat uitgaan na Jesus en om die Goeie Nuus met diegene rondom jou te deel. Om Jesus te volg gaan nie net oor kennis nie, maar oor die toepassing van die lesse van die Bybel in jou eie lewe. Ons is Sy dissipels. Wat sê God vir jou deur die Bybel? En hoe vorm jy dit in jou lewe? Wanneer jy dit doen, sal jy die Evangelie sien versprei.


3 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org