-deur Errol Naidoo

Bron: familypolicyinstitute.com

29 November 2019

Family Policy Institute (FPI) en sy bondgenote is tans besig om ’n titaniese stryd van die waarheid vs. misleiding met die Departement van Basiese Onderwys (DBO) te voer. In reaksie op die landswye boehaai oor die CSE-veldtog wat die DBO stilletjies probeer implementeer het, het die DBO verkies om met sy leuens en misleiding voort te gaan, eerder as om die nasie in sy vertroue te neem.

Die DBO het onlangs gesê: “CSE is sedert 2000 deel van die Lewensoriënteringskurrikulum en daar is niks nuuts bygevoeg nie.”  Hierdie blatante leuen is in hierdie dokument deur “Family Watch International” blootgelê. Die organisasie tree as ‘n ‘waghond’ by die Verenigde Nasies (VN) op om aanslae teen die gesin bloot te lê en bestry.

Ons regering het eers in 2013 op CSE besluit tydens ‘n konferensie wat deur die VN-agentskappe georganiseer is en geborg word deur liberale Westerse regerings wat die aborsie en LGBTI-agenda in Afrika befonds. Dit is skokkend dat geen Suid-Afrikaanse opvoeders, ouer- of onderwysergroepe by hierdie besluit betrokke was nie.

Die VF Plus-verklaring in Politico bevraagteken Motshekga se vae antwoorde in die parlement en ook haar doelbewuste misleiding en disinformasie met betrekking tot CSE.

Die DBO kan ook nie verklaar waarom UNESCO onlangs na Suid-Afrika gereis het om toesig te hou oor die implementering van hierdie omstrede program in die openbare skole in Suid-Afrika, as CSE dan reeds sedert 2000 deel van die LO-kurrikulum was nie.

In ’n verklaring op die DBO se webwerf word verkeerdelik beweer: “Die DBO het hard gewerk om ‘n omvattende kurrikulum te ontwikkel wat die werklike uitdagings en kwessies wat leerders in hul daaglikse lewens in die gesig staar, moet aanspreek.” Die DBO het nie die CSE-kurrikulum ontwikkel nie, dit is ontwikkel deur internasionale groepe by die VN wat pro-aborsie en aktiviste vir seksuele regte is en die kurrikulum op Suid-Afrika se kinders wil afdwing. As die DBO die CSE-kurrikulum plaaslik ontwikkel het, waarom het hulle die leiding van UNESCO nodig om dit te implementeer?

Family Policy Institute (FPI) kan dit nie bekostig om nie waaksaam te wees nie – veral nie op hierdie kritieke tydstip nie. Aanslae op geloof, die gesin en godsdiensvryhede neem toe in Suid-Afrika. Maak asseblief vandag ‘n ruim eenmalige skenking aan FPI om ons te help om op die frontlinie van die stryd te bly!

Net soos wat die ANC-regering ons ekonomie aan ‘n buitelandse familie, die Gupta’s, uitverkoop het, verkoop dit nou die kinders van die land aan pro-aborsie en pro-LGBTI-agentskappe van die VN. Die vraag is: Wat is die ware gevolge vir kinders wat van hul ouers afgesonder is en seksueel geïndoktrineer word deur internasionale aktiviste vir aborsie en seksuele regte?

Die DBO het daarop aangedring dat die sogenaamde “seksdeskundige”, dr. Eve nie by die geskrewe lesplanne vir CSE betrokke was nie. ‘n TimesLive-artikel bevestig egter die teenoorgestelde en dat sy spesifiek op “seksuele genot vir kinders” gefokus het.

Die minister van onderwys , Angie Motshekga, se leuens oor CSE is in die parlement blootgelê tydens vrae oor die onderwerp. Sy het in antwoord op vrae van die opposisie-LP’s, waaronder die ACDP se eerw. Kenneth Meshoe, beweer dat die DBO die breë mening van baie groepe oor CSE ingewin het. Toe daar gevra is watter groepe spesifiek geraadpleeg is, kon Motshekga nie antwoord nie.

Motshekga het ook spottend aan eerw. Meshoe gesê sy sal graag met godsdiensgroepe byeenkom (wat blykbaar nie oor seks wil praat nie). Die minister het die afgelope jaar verskeie briewe van verskillende Christen-groepe ontvang, waaronder die brief wat ek geskryf het (en verskeie kere gestuur het) en onderteken is deur sewe groot Christelike denominasies waarin ‘n versoek gerig word vir ’n vergadering met die DBO om CSE te bespreek. Alle versoeke is geïgnoreer!

Ek werk tans saam met opvoeders wat ’n waardegebaseerde alternatief vir CSE ontwikkel het en wat spesifiek die unieke uitdagings aanroer wat Suid-Afrikaanse kinders in die gesig staar. ’n Opsomming daarvan sal op 30 November 2019 aan die DBO afgelewer word.

As die DBO niks het om weg te steek nie, sou dit met die vele groepe (soos hier bo genoem) vergader het, maar dit is geïgnoreer en toe is daar in die parlement leuens vertel oor die proses van openbare deelname nie bestaan ​​nie.

 Kyk gerus hier na ’n video van 4 minute lank oor die vraesessie in die parlement.

CSE is ’n openlike aanslag op die gesin. Daarom het ons die “March For Family” op Saterdag 30 November 2019 in Kaapstad gereël. Doen asseblief moeite om die petisie teen CSE te onderteken (klik hier om dit te doen comprehensivesexualityeducation.org) en sluit by ons aan indien u in Kaapstad is. Die Kerk moet met vrymoedigheid standpunt inneem en sy steun vir Bybelse waardes en die gesin verklaar!

Help FPI asseblief om aan die voorpunt van die stryd vir die geloof, gesin en vryheid te bly. Maak vandag ’n ruim skenking aan FPI. Jy kan dit doen deur ’n direkte EMO in die FPI-bankrekening te maak. Jou vennootskap in hierdie belangrike bediening is noodsaaklik vir ons sukses om die gesin effektief te verdedig en Bybelse waardes in die parlement, die media en die algemene samelewing te bevorder.

Bid asseblief vir die “March For Family” en vir FPI se werk in Suid-Afrika. Mag God jou en jou kosbare gesin seën.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.
VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.