Bron: morningstarnews.org

’n Vrou in sentraal-Uganda wat Christus as haar Here en Verlosser aangeneem het tydens ’n kerkdiens, is later daardie dag vermoor toe haar pa haar in die oog gesteek het omdat sy haar rug op Islam gekeer het, berig Morning Star News.

Die 28-jarige Hawa Amoti van Nansana het in die vroeë oggend haar Christen-bure gaan besoek nadat sy verskeie drome oor Christus gehad het. “Amoti het baie vroeg in die oggend na ons huis gekom en wou meer oor Issa (Jesus) weet; sy het Hom in ‘n droom gesien,” vertel die buurman. “Nadat hy vir haar die ewige lewe en die vergifnis van sondes deur Jesus Christus verduidelik het, het sy die offer van Jesus vir die redding van haar siel aanvaar. Ek het vir haar gebid en toe is ons saam kerk toe in Nansana.”

Ná die kerkdiens het Amoti saam met die buurman en sy gesin middagete gaan eet en daar gebly tot ongeveer 17:45, volgens haar buurvrou, wat om veiligheidsredes nie genoem sal word nie.

Haar pa, Haji Shariifu Agaba, en broers het reeds gehoor dat sy Christus in die kerk aanbid het toe sy by hul huis aangekom het, het Agaba sy seuns beveel om haar te gryp en te slaan. Hy het toe ‘n skerp mes geneem en haar oë deurboor, sê ‘n broer van Amoti wat haar probeer verdedig het.

“Ek wil hierdie oë verwyder sodat jy vir ewig nie wee ’n kerk sal sien nie — al sterf jy, sal ons jou nie begrawe nie,” het haar pa gesê, volgens haar broer.

Amoti se gille het die bure se aandag getrek. Hulle het saam met ander bure ‘n voertuig gereël om met Amoti na ‘n nabygeleë hospitaal te jaag, waar sy aan swaar bloeding weens haar oogbesering beswyk het, berig verskeie bronne.

Gemeenskapsleiers in Nansana veroordeel die aanval en belowe om Agaba in hegtenis te neem en aan te kla, sê hulle. Kerklede het Amoti se liggaam in die Luwero-distrik begrawe.

Foto: Christene van die Mukono-distrik, Uganda, kyk hoe die regter uitspraak lewer oor die moord op verskeie Christene (Morning Star News)


20 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org