Bron: Morning Star News

Minstens 33 Christene is dood in ’n aanval deur Fulani-herders op ’n hoofsaaklik Christelike gemeenskap in Jos, Nigerië. Die Christene is in hulle slaap doodgeskiet of het omgekom in die groot brand wat die nag van 24 tot 25 Augustus gestig is. Die aanval kom ná die moord op drie Christen-studente in dieselfde streek tydens ’n aanval deur plaaslike Moslems, berig Morning Star News.

“Die oorlewendes het dringend kos en tydelike skuiling nodig,” het die plaaslike woordvoerder, Bitrus Pada, gesê. Buurman Jeremiah Bulus is geskok oor die gewelddadige aanval deur die Fulani-herders. Hy sê dat die meeste Christene omstreeks 22:00 doodgeskiet is terwyl hulle geslaap het. Die jongste slagoffer is ’n vierjarige meisie en die oudste slagoffer was 75 jaar oud. “Die lyke is na die lykshuis geneem,” het Bulus gesê. “Ons doen ons bes om die oorskot van mense in die puin van verbrande huise te vind. Die situasie is erg.”

In ‘n vroeëre aanval in Jos op 15 Augustus is drie Christene ook dood. Dit was Christen-studente van die plaaslike universiteit wat na bewering deur die plaaslike Moslems in ’n lokval gelei is. Die jong gelowige, Doris Birtus Danboyi (20,) is op pad huis toe van die kerk af vermoor, vertel haar oom. Volgens ’n ander familielid, Saje Daniel Dalyop, het Bitrus ’n groot positiewe invloed op haar omgewing gehad. “Sy is ’n martelaar. Ons verlies is ’n wins vir die hemel. Jesus bly die Allerhoogste Heer,” het Dalyop gesê.


10 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.