Bron: morningstarnews.org

Die 64-jarige pastoor David Omara is in Uganda deur Moslem-ekstremiste vermoor ná ‘n radio-uitsending waarin hy Islam en die Christendom vergelyk het. Die voorganger is geslaan en toe verwurg.

“Onmiddellik na die uitsending het iemand my pa gebel en gesê dat hy die uitsending baie waardeer het. Hy het gevra of hy en ‘n paar vriende my pa kan ontmoet,” het Omara se seun, Okut, aan Morningstar News. gesê.

“Toe ons by die plek aankom waar ons ooreengekom het om te ontmoet, het ses Moslem-mans uit die bosse te voorskyn gekom. Hulle het my pa met stomp voorwerpe begin slaan,” se Okut. Een van die aanvallers het gesê: “Hierdie man moet sterf omdat hy die Koran gebruik het en gesê het dat Allah nie God is nie, maar ‘n bose god wat met demoniewe magte saamwerk.” Toe het hulle my vader geslaan en gewurg. Ek het vir my lewe gevlug, twee mans het my agtervolg, maar kon my nie in die hande kry nie.”

Die inwoners in die omgewing was geskok en bang vir nog ‘n aanval. Okut se ma is in die hospitaal opgeneem nadat sy ’n ineenstorting gehad het. Sy word behandel vir die skok, maar kan ongelukkig steeds nie mense herken nie.

Die werk van pastoor Omara word deur baie mense geprys. “Hy het onverpoos vir die Koninkryk van God gewerk tot op sy laaste dag,” sê ‘n kollega. Omara laat agt kinders tussen die ouderdom van 30 en 10 jaar agter.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


12 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.