Bron: incontextinternational.org

Duisende mense is op Sondag 28 Maart vanuit Palma, in die noorde van Mosambiek, na die provinsiale hoofstad Pemba ontruim, nadat dit gewelddadig deur gewapende rebelle oorval is. Volgens ’n woordvoerder van die Mosambiekse departement van verdediging word daar gevrees dat tientalle dood is, terwyl baie mense steeds vermis word.

Die aanvanklike aanval het op Woensdag 24 Maart begin nadat die Franse Total-maatskappy (tans betrokke by ’n grootskaalse aardgasprojek ter waarde van miljarde dollars) aangekondig het dat hul werk, wat tydelik opgeskort is weens streeksaanvalle, geleidelik hervat sal word. Inligting vanuit die gebied is egter beperk, omdat die meeste vorme van kommunikasie afgesny is. Daar was berigte van gewelddadige aanvalle deur soveel as ’n honderd gewapende rebelle en dat meer as 1 400 mense gered is deur vragskepe, passasierskepe, sleep- en ontspanningsbote. Daar woon meer as 75 000 mense in Palma, maar dit is onduidelik hoeveel gesterf of gevlug het. Daar heers groot onsekerheid oor die situasie terwyl die Mosambiekse magte poog om Palma terug te wen.

Die aanvalle vind sedert Oktober 2017 plaas en het baie distrikte in die hulpbronryke Cabo Delgado-provinsie getref waar verskeie groepe meer as 831 aanvalle geloods het. Gevegte tussen rebelle-groepe en regeringsmagte het reeds meer as 2 658 lewens geëis (waarvan meer as die helfte Mosambiekse burgers is). Die voortslepende gevegte het ook gelei dat ongeveer 700 000 mense ontheem is, met duisende wat noodhulp benodig. ’n Beduidende tekort aan voorrade het ook gelei tot drastiese prysstygings, wat dit vir die bevolking moeilik maak om in hul daaglikse behoeftes te voorsien.

Die kerk in Mosambiek het baie gebed en ondersteuning nodig om diegene by te staan wat getraumatiseerd en ontheemd is. Hulle het ook baie wysheid nodig oor hoe om die veiligheidsuitdagings in die noordelike deel van die land aan te pak. Mense wat ly het dikwels ander nodig om namens hulle geloof en hoop te beoefen, wanneer hulle op ’n plek is waar alle hoop gekwyn het.

Mag die Kerk die nodige krag ontvang om die ontheemdes in ’n tyd van lyding te ondersteun. Mag hulle ook bemoedig word deur die woorde in 1 Petrus 4:12-13: “Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.”

Bid asseblief saam met ons vir Mosambiek.


31 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.