Bron: http://s10u-mail.9

Die Moreleta Kairos Netwerk (MKN) gaan op 19 November met die NG Kerk se algemene sinodale moderamen (ASM) vergader vir ’n uiters belangrike gesprek. Bid asseblief vir hierdie vergadering wat van groot belang is. (Sien gebedspunte onder aan die berig)

Neem gerus deel aan MKN se meningsopname op sy webtuiste. Die fokus van die meningsopname is: Wat dink jy oor die toekoms van die NG-kerk?

Klik op die skakel hier onder en gee jou anonieme mening.

https://www.surveymonkey.com/r/CWLJBVW

Die opname is nie net vir NG Kerk-lidmate nie en deelnemers word aangemoedig om vriende en familie ook te nooi om aan die opname deel te neem.

Wat bied MKN jou?
Webtuiste en Sosiale Media
Baie interessante inligting is te kry:
– Wie is Moreleta Kairos Netwerk? moreletakairos.net
– Interessante artikels en inligtingstukke: moreletakairos.net/media/

Facebook
Lees gerus die interessante (en soms heftige) gesprekke wat plaasvind op MKN se Facebook-blad by www.facebook.com/MoreletaKairos

MKN WhatsApp:
• As jy nog nie blitsnuus via WhatsApp ontvang nie, stuur asb jou naam, van en epos adres vanaf jou WhatsApp na die MKN se WhatsApp nommer 082 237 7793.
• NB: As jy nie MKN as ‘n kontak in jou foon gebêre het nie, sal jy nie ons WhatsApp boodskappe kry nie. Maak seker dat jy die MKN-nommer hierbo in jou foonboek as ‘n kontak gebêre het.

Nuwe publikasies op MKN se webwerf:
“Dominees se pensioen en medies”. Lees hierdie nuutste publikasie by: moreletakairos.net/hulpbronne

Publikasies in die pyplyn:
’n Uiters waardevolle en insiggewende publikasie oor die ‘DIE STRYD OM DIE WAARHEID IN DIE NG KERK’ is in die proses om gefinaliseer te word. Dit gaan oor vrydenkendheid, geslagsdisforie, politieke gedienstigheid en ander kerklike onheilighede.

Nuusbrokkies

‘n Predikant by NG Gemeente Klerksdorp-Wilkruin, sê: “Ons is by ’n vasgelooptheid’ en nog 130 NG-gemeentes kies Jesus se woorde oor die huwelik soos dit in die Bybel opgeteken is.” Om hierdie nuusbrokkies te lees, kliek hier.

5. Mobilisering en Dolering
Lees meer by moreletakairos.net/hulpbronne oor die volgende:

  • Ons wil doleer/bedank/artikel 37 instem, maar wat van dominee se pensioen en medies?
  • Hoe werk die doleer proses? (Sien item nr. 4. “Doleer Handleiding – Riglyne en Wenke”)

Op soek na inligting maar kry dit nie? Stuur jou navraag na: info@moreletakairos.net

 Gebedspunte vir vergadering met ASM

  • Bid vir wysheid, dat ons sal weet hoe en wanneer ons tydens die gesprek moet reageer. God se Woord sê vir ons dat Hy ons wysheid sal gee as ons dit vra (Jakobus 1: 5).
  • Bid dat die waarheid duidelik sal word. Soms is die opposisie se houding gebaseer op verkeerde inligting. Op ander tye is dit die goddelose motiverings van goddelose mense. Soms lê die fout by ons. Vra God om die waarheid bekend te maak, wat dit ook al is.
  • Bid dat God vir ons ’n leerbare gees sal gee. Dikwels het teenstanders iets wat ons MOET hoor, al is dit net ’n baie klein persentasie van die klagtes. As ons bereid is om uit hierdie baie klein persentasie iets te leer, sal onsself beter leiers word.
  • Bid vir geestelik geopende oë om die ware vyand raak te sien. Die mense wat voor ons gaan sit, is nie die uiteindelike vyand wat ons in die gesig staar nie (Ef. 6:12). As ons besef dat ‘vlees en bloed’ nie die probleem is nie, sal ons anders reageer op konflik.
  • Bid vir diegene wat ons teëstaan met die gees en gesindheid van Jesus. Jesus het nie net van ons vereis om te bid vir diegene wat ons mishandel nie (Luk. 6:28), maar Hy het ook die voorbeeld gestel van gebed vir diegene wat Hom teëgestaan het (Lukas 23:34). As Hy vir sy moordenaars kon bid, kan ons bid vir ons kerkverset.
  • Bid dat alle betrokkenes, ook ons, sal bely en bekeer waar nodig. Belydenis bring ons sonde uit die duisternis, en berou breek die duiwel se houvas in ons lewe. By albei kante is sondige gedagtes, gesindhede en so meer aanwesig wanneer kerkteenkanting in intensiteit groei.
  • Bid vir eenheid. Goddelike eenheid is niks minder nie as ‘n bonatuurlike wonderwerk, daarom is dit geen wonder dat Jesus in sy gebed van Johannes 17 verskeie kere vir eenheid gebid het nie. Paulus spreek ook ’n innige pleidooi uit vir eenheid (1 Korintiërs 1:10) en in ‘n gees van liefde te praat en op te tree. Mag daar eenheid onder ons groep wees! Ons eenheid word ‘n getuienis in ‘n gebroke wêreld.
  • Bid dat ons gesinne en families in die proses nie skade sal ly nie. Te veel gesinne en families dra letsels van kerkverskille in die verlede. Vra God om ons gesinne en families teen sodanige nadraai te beskerm.
  • Bid dat God verheerlik sal word. Te midde van die konflik is dit nie altyd maklik om te sien hoe dit kan gebeur nie – maar God kan sy naam verheerlik soos Hy wil.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


11 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.