Bron: cbn.com

24 Junie 2020

“Moet nooit jou geloof in Jesus prysgee nie,” was die laaste woorde van Kande Mudu (27). Volgens CBN is die Indiese Christen in die dorp waar hy gewoon het, oorval en vermoor. Sy keel is voor sy vrou se oë afgesny.

Onveilig in hul eie tuisdorp
Bindu Mudu is Kande se vrou. Sy vertel dat sy dadelik besef het hulle verkeer in gevaar, toe die mans aan die deur klop.

Kande het my van ons geloof verseker voordat hy vermoor is,” het sy gesê. Bindu en haar twee dogters het net betyds uit die dorp gevlug.

Kande Mudu. (Foto: Christian Solidarity Worldwide)

Die enigste Christene in die dorpie
Die Mudu-gesin is die enigste Christene in die dorpie waar hulle woon. Die polisie ondersoek die moord op Mudu, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Christene word gedreig, mishandel of vermoor
Weens die korrupsie en nasionalisme word die Christen-minderheid dikwels nie goed deur die plaaslike owerhede gedien nie. Oral in Indië word Christene deur nasionalistiese Hindoes gedreig, mishandel of vermoor.

Nuwe wet dra by tot die vervolging
Die Amerikaanse hulpleningsagentskap vir vervolgde Christene, International Christian Concern, het aangedui dat ’n wet in nege Indiese state aanvaar is wat die veiligheid van Christene in die samelewing ernstig bedreig.

“Daar word ’n wet ingestel wat ‘gedwonge’ bekerings verbied. Hindoes beweer dat Christene hul godsdiens afdwing en dat dit dus die geweld en verdrukking van die minderheid regverdig.”

Indië is tiende op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene vervolg word.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.