-deur Gigi Kotze en Donnelly McCleland

Artikel verskaf INContext Ministries International:
incontextinternational.org

5 September 2019

Missiele is Sondag, 1 September, oor-en-weer by die grens tussen Israel en Libanon afgevuur, ná ’n week van spanning tussen dié twee lande.

Hassan Nasrallah, die leier van Hisbolla in Libanon, het opnuut bevestig dat die groep op enige aanvalle deur Israelse onbemande hommeltuie sal reageer, maar het benadruk dat hulle nie wil hê die konflik moet vererger nie.

Israel se weermag het gesê dat hulle Sondag op Libanon gevuur het, nadat Hisbolla verskeie antitenkmissiele op hul weermagbasis en voertuie naby die grens, afgevuur het. Hisbolla het gesê hulle het op ’n vroeëre hommeltuigaanval deur Israel, gereageer.

Die eerste minister van Libanon, Saad Hariri, het volgens berigte, ’n beroep op Amerika en Frankryk gedoen om te help sodat die spanning ontlont kan word. Nie Israel of Hisbolla stel daarin belang om hulle weer in ’n oorlog te begewe nie. Veral ná die maand lang konflik in 2006 waarin ongeveer 1 200 mense in Libanon (meestal burgerlikes) dood is, asook ongeveer 160 Israeliese soldate.

Israel het ’n bevolking van ongeveer 8,5 miljoen mense, waarvan slegs 1,7% Christene is (meestal van Arabiese herkoms). Libanon het ’n bevolking van ongeveer 6,86 miljoen en hoewel daar sedert 1932 geen sensus gedoen is nie (as gevolg van die sensitiewe balans tussen die land se godsdiensgroepe), reken Joshua Project dat 31,8% van die mense wat in Libanon woon, Christene is.

Bid asseblief saam met ons vir Libanon en Israel.

“Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” (Romeine 12:21)


VRYWARING
Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.