-deur Evangelical Focus

Bron: evangelicalfocus.com

10 Januarie 2020

Netflix het ’n Brasiliaanse satiriese rolprent, The First Temptation of Christ, bekendgestel wat Jesus as ’n homoseksuele man uitbeeld. Die rolprent (46 minute lank) is deur die Brasiliaanse YouTube-komediegroep, Porta dos Fundo, vervaardig en kan in baie lande op die aanlynplatform gesien word, insluitend Suid-Afrika.

Tot nou toe het Porta dos Fundos hul satiriese produksies op YouTube geplaas, waar hulle gereeld die spot dryf met die Christelike geloof.

Die rolprent het internasionaal tot groot omstredenheid gelei. Twee miljoen mense het reeds ’n paar van die aanlynpetisies onderteken waarin Netflix versoek word om die rolprent te onttrek. Die Brasiliaanse petisie versoek Netflix om die rolprent te verwyder én die produsente “verantwoordelik te hou vir ’n misdaad teen die geloof”. Daar is ook vir ’n openbare verskoning gevra omdat Christene aanstoot geneem het.

“Ons ondersteun die kreatiewe vryheid van die kunstenaars saam met wie ons werk. Porta dos Fundos is bekend vir hul oneerbiedige en satiriese Kersproduksies en gebruik hul eie unieke humor om kulturele en sosiale kwessies aan te roer,” het Netflix aan die Britse nuuswebwerf Premier gesê.

Die woordvoerder van Netflix het bygevoeg: “Hulle vervaardig ’n dekade lank al godsdienstige produksies en verlede jaar het hulle die Internasionale Emmy vir die Beste Komedie gewen. Ons verstaan ​​dat almal nie noodwendig met hul inhoud saamstem nie, maar op Netflix kies ons lede waarna hulle wil kyk”, het die Netflix-woordvoerder gesê.

Porta dos Fundos het ook sy rolprent verdedig met die argument dat “vryheid van uitdrukking noodsaaklik is vir ’n demokratiese land.”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.